Gaan na inhoud

Malaria

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Malaria
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Rooibloedsel wat aangetas is deur Plasmodium vivax, ’n spesie protiste wat malaria veroorsaak.
’n Rooibloedsel wat aangetas is deur Plasmodium vivax, ’n spesie protiste wat malaria veroorsaak.
ICD-10 B50-B54
ICD-9 084
OMIM 248310
DiseasesDB 7728
MedlinePlus   000621
eMedicine med/1385emerg/305 ped/1357
MeSH C03.752.250.552
Mediese waarskuwing
Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir malaria per 100 000 inwoners in 2004:

   Geen data

   <10

   0–100

   100–500

   500–1000

   1000–1500

   1500–2000

   2000–2500

   2500–2750

   2750–3000

   3000–3250

   3250–3500

   ≥3500

Sterftes weens malaria per miljoen persone in 2012:

   0–0

   1–2

   3–54

   55–325

   326–679

   680–949

   950–1 358

Wêreldwye verspreiding van malaria:[1]

   Verhoogde voorkoms van chloroquine- of multiresistente malaria

   Voorkoms van chloroquine-weerstandige malaria

   Geen Plasmodium falciparum of chlorokien-weerstand

   Geen Malaria

Malaria, afgelei van mala aria (Italiaans: "slegte lug"), of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het.[2] In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied.

Parasiet

[wysig | wysig bron]

Malaria is 'n tropiese siekte wat in 90 lande voorkom,wat veroorsak word deur 'n groep eensellige, parasitiese protista wat leef op rooibloedliggampies van reptiele en soogdiere.

Daar is vier malaria spesies wat op die mens parasiteer gevind naamlik Plasmodium falciparum, P. vivax, P. malariae, en P. ovale; waarvan P. falciparum die gevaarlikste asook die algemeenste in Afrika is, en verantwoordelik is vir 90% van alle sterftes aan malaria in Afrika, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Malaria word oorgedra deur die wyfie van die Anopheles ssp. muskiet wat as vektor optree. Kinders onder die ouderdom van vyf jaar en swanger vroue is die vatbaarste vir malaria en word die ergste deur die siekte getref.

Malaria is verantwoordelik vir een uit vier sterftes onder kinders.

Simptome

[wysig | wysig bron]

Die simptome van malaria sluit die volgende in: koors, bewing, gewrigspyne, braking, anemie (weens die hemolise), hemoglobienurie (aanwesigheid van hemoglobien in die urine), retinale skade en stuiptrekkings. Die kenmerkende simptoom van malaria is die sikliese aard van die koors waarvan die duur tussen die verskillende spesies wat die siekte veroorsaak, wissel.

Diagnose

[wysig | wysig bron]

Soos met enige siekte, is dit beter hoe vroeër die korrekte diagnose gemaak word, in malaria se geval deur bloedtoetse in 'n geskikte laboratorium. Pasiënte wat aan bogenoemde simptome lei, veral hoë koors, moet hul geneesheer dadelik in kennis stel indien hulle onlangs 'n malariagebied besoek het.

Behandeling

[wysig | wysig bron]

Daar bestaan wel effektiewe geneesmiddel-behandelings op die farmaseutiese mark, beskikbaar by alle apteke. Die chemiese stof Chloroquine is die veiligste om teen Malaria te gebruik, maar verloor reeds sy effektiwiteit teen die parasiet.

Geneeshere van vermoedelike malariapasiënte behoort ook amptelike publikasies te raadpleeg (verkieslik op aanlyn-webwerwe), aangesien die aanbevole regimens voortdurend aangepas word soos nuwe geneesmiddels beskikbaar word.

Die Lewenssiklus van Plasmodium

[wysig | wysig bron]

Daar word twee stadiums binne in die mens aangetref nl.

A. Die lewerstadium

  1. Die mens word geïnfekteer deur sporosoïete wat in die wyfie Anopheles ssp. muskiet se speeksel teenwoordig is.
  2. Sporosoïete migreer na die mens se lewer.
  3. Elke sporosoïet produseer tot 40 000 merosoïete d.m.v mitose - wat in die bloedstroom vrygestel word.

B. Die bloedstadium/ Eritrositiese fase

  1. Rooibloedliggampies word deur merosoïete aangeval.
  2. Die vernietiging van rooibloedliggaampies veroorsaak anemie by die persoon wat moeg en afgemat voel.
  3. Eritrosiete wat oopbars en merosoïete vrylaat veroorsaak 'n hoë koors van tot 40°C by die besmette persoon asook griepsimptome.
  4. Malaria kan gewoontlik slegs gedurende hierdie stadium in die bloed waargeneem word.
  5. Hierdie merosoïete kan weer ander lewerselle en rooibloedliggaampies aanval.
  6. Die niere, lewer en milt word oorlaai met gifstowwe wat die dood kan veroorsaak.
  7. Sommige merosoïete vorm manlike en vroulike gametosiete.
  8. Gametosiete word saam met bloed deur 'n Anopheles ssp. muskiet ingeneem wat die besmette persoon byt.
  9. Die gametosiete vorm gamete binne die muskiet se maag.
  10. Manlike gamete bevrug die vroulike gamete en vorm sigote wat die maagwand binnedring.
  11. Die sigoot ondergaan meiose en orm 'n oösist binne die maagwand van die muskiet.
  12. Die oösist vorm baie sporosoïete wat na die speekselkliere van die muskiet migreer.
  13. Sodoende kan die muskiet weer die volgende persoon besmet
  14. Die parasiet affekteer geensins die muskiet nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Malaria" (in Engels). US Centers for Disease Control and Prevention. 15 April 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 2 Mei 2012.
  2. "Huffington Post Europe Is First Region In World To End Malaria: WHO'" (in Engels).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]