Gaan na inhoud

Lord Howe-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lord Howe-eiland
Inheemse naam: Lord Howe Island (Engels)
'n Uitsig oor Lord Howe-eiland
'n Uitsig oor Lord Howe-eiland
Geografie
Ligging Australië, Oseanië en Stille Oseaan
Koördinate 31°33′S 159°05′O / 31.550°S 159.083°O / -31.550; 159.083
Argipel Australië
Totale eilande 28
Hoofeilande Lord Howe-eiland, Admiralty-eilande, Mutton Bird-eilande en Ball se Piramide
Oppervlakte 14,55 vk km
Hoogste punt Gower 875 m
Administrasie
Vlag van Australië Australië
Deelstaat Nieu-Suid-Wallis

Demografie
Bevolking 382

Die Lord Howe-eiland (Engels: Lord Howe Island) is 'n eiland in die Tasmansee tussen Australië en Nieu-Seeland. Dit is sowat 600 km oos van Port Macquarie, 780 km noordoos van Sydney en 900 km suidwes van die Norfolkeiland geleë. Dit beslaan 'n oppervlakte van 14,55 km² en het 'n bevolking van 382 in 2016 gehad.[1] Lord Howe-eiland vorm saam met ander kleiner eilande die Lord Howe-eilandgroep, waarvan dit die grootste eiland is. Dit is 10 km lank en tussen 0,3 en 2,0 km breed. Die Lord Howe-eilande is 'n ongeïnkorporeerde gebied van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis wat deur die Lord Howe-eilandraad bestuur word.[2]

Nasa-Satellietbeeld van Lord Howe-eiland

Die Lord Howe-eiland is in 1982 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Weens die unieke fauna en flora is toegang tot die eiland streng beperk.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Lord Howe Island". Australiese Statistiekkantoor. 2016. Besoek op 30 Mei 2024.
  2. (en) "Regional Statistics – New South Wales" (PDF). Australiese Statistiekkantoor. 2004. Besoek op 30 Mei 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]