Gaan na inhoud

Leviatan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Vernietiging van die Leviatan, deur Gustave Doré (1865).

Die Leviatan of leviatan (Hebreeus: לִוְיָתָן, Līvyāṯān) is 'n seemonster wat in die teologie en mitologie voorkom. Daar word in verskeie Bybelboeke van die Ou Testament na hom verwys, soos Psalms, Job en Jesaja. Die Leviatan is dikwels 'n verpersoonliking van chaos en dreig om die veroordeeldes ná hulle dood te eet. Op die einde word hy vernietig. Christelike teoloë vereenselwig hom met die doodsonde afguns.

Die Leviatan in Job is 'n weerspieëling van die ouer, Kanaänitiese Lotan, 'n oermonster wat deur die god Baäl Hadad verslaan word. Parallelle met die rol van die Mesopotamiese Tiamat, wat deur Mardoek verslaan word, word al lank in vergelykende mitologie getrek, asook met drake en slange in ander wêreldverhale, soos Indra wat Vrtra of Thor wat Jörmungandr verslaan.[1] Leviatan dien ook in die Hebreeuse Bybel as 'n metafoor vir 'n magtige vyand, veral Babilon (Jesaja 27:1).

Sommige 19de-eeuse geleerdes het die Leviatan vertolk as 'n verwysing na groot waterdiere, soos die krokodil.[2] Die woord is later vir 'n groot walvis gebruik, en later vir 'n seemonster in die algemeen.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Cirlot, Juan Eduardo (1971). A Dictionary of Symbols (2de uitg.). Dorset Press. p. 186.
  2. Gesenius, Wilhelm (1879). Hebrew and Chaldee lexicon to the Old Testament. Vertaal deur Tregelles, Samuel Prideaux.

Skakels

[wysig | wysig bron]