Leonor Watling
Leonor Watling | |
Leonor Watling in 'n lewendige optrede saam met Marlango
| |
Geboortenaam | Leonor Elizabeth Ceballos Watling |
---|---|
Alias | Eli |
Geboorte | 28 Julie 1975 Madrid, Spanje |
Nasionaliteit | Spaans |
Beroep(e) | Aktrise, musikant |
Aktiewe jare | 1993-teenswoordig |
Leonor Elizabeth Ceballos Watling (gebore op 28 Julie 1975) is 'n Spaanse rolprent-aktrise en sangeres.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Watling was in Madrid, Spanje gebore as die dogter van 'n Spaanse vader van Cádiz, Andalusië en 'n Engelse moeder. Sy het twee broers en een suster. Sy praat Spaans met haar broers en Engels met haar suster. Haar vader is dood toe sy sewentien jaar oud was.
Toe sy 'n kind was wou sy 'n klassieke danseres word, maar 'n kniebesering het 'n stokke voor die ambisie gesteek. Later het sy na Londen getrek ten einde lesse te kan neem by die Actor's Centre.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Watling het haar loopbaan as aktrise in die teater begin, en haar buiging as aktrise op die grootskerm gemaak toe sy vyftien jaar oud was met die rolprent Jardines colgantes deur Pablo Llorca. Na die bg. rolle het sy in verskeie TV reeks soos Hermanos de leche, Farmacia de guardia of Querido maestro gespeel, maar haar mees suksesvolste rol was in die reeks Raquel busca su sitio met Cayetana Guillén Cuervo. In 1998 was sy genomineer vir 'n Premio Goya (Goya-toekenning) vir haar rol in La hora de los valientes, en was sy in 1999 genoem as een van die Europese rolprentwese se Shooting Stars deur die Europese Filmpromosie. In 2002 was sy weer genomineer vir 'n Goya vir haar rol in A mi madre le gustan las mujeres.
Watling is verkies bo Anne Hathaway as die stem van "Red Pucket" (Rooikappie) in die animasie rolprent Hoodwinked (2005).[1] Sy het ook deelgeneem aan die rolprent The Oxford Murders, saam met Elijah Wood en John Hurt.
In 2006 het Watling die rol gespeel van Marie Christine in die Paris, Je T'aime segment getiteld "Bastille". Die rolprent was gemaak deur baie bekende regisseurs wat elk 'n vyf-minuut filmstel in Parys moes maak. Die Spaanse skrywer-regisseur Isabel Coixet het die segment "Bastille" geskryf en geregisseer en Watling het saam met Sergio Castellitto en Miranda Richardson as Sergio se jonger geliefde verskyn saam met wie hy beplan om weg te hardloop nadat hy sy verhouding beëindig het met sy vroue Miranda.
Sy kombineer haar rolle in rolprente saam met haar werk met die musiekgroep Marlango waarin sy as sangeres optree en meestal in Engels sing. Sy het ook in 'n TV reeks, Pulsaciones, verskyn, wat sedert Januarie 2017 uitgesend word. Sy is al aangehaal as sou sy 'n ondersteuner van Tom Waits, Suzanne Vega, Radiohead en Erik Satie wees.[2]
Rolprente
[wysig | wysig bron]- Jardines colgantes (1993)
- Todas hieren (1997)
- Grandes ocasiones (1998)
- The First Night of My Life (1998)
- La hora de los valientes (1998)
- No respires, el amor está en el aire (1999)
- La espalda de Dios (2000)
- Son de mar (2002)
- A mi madre le gustan las mujeres (2002)
- Hable con ella (2002)
- Deseo (film) (2002)
- My Life Without Me (2002)
- En la ciudad (2003)
- El elefante del rey (2003)
- Mala leche (2003)
- La mala educación (2004)
- Crónicas (2004)
- Inconscientes (2004)
- The Secret Life of Words (2005)
- Malas temporadas (2005)
- Tirante el Blanco (2005)
- Paris, je t'aime (2006)
- Salvador (Puig Antich) (2006)
- El carnaval de Sodoma (2006)
- La Habitación del Niño (2006)
- Teresa, el cuerpo de Cristo (2007)
- The Oxford Murders (2007)
- Unmade Beds (2009)
- Lope (2010)
- If I Were You (2012)
- The Food Guide To Love (2013)
- Risen (2016 film) (2016)
- "Somos Anormales", musiekvideo deur Residente[3] (2017)
- Muse (2017)
- Asesinato en la Universidad (2018)
Platelys
[wysig | wysig bron]Met Marlango
[wysig | wysig bron]- Marlango (2004)
- Automatic Imperfection (2005)
- The Electrical Morning (2007)
- Life in the Treehouse (2010)
- Un Día Extraordinario (2012)
- El Porvenir (2014)
- Technicolor (2018)
Samewerkings
[wysig | wysig bron]- Miguel Bosé - Duet in "Este mundo va" van die plaat Papito
- Jorge Drexler - Ondersteunende stem in "El otro engranaje" van die plaat 12 segundos de oscuridad
- Diego Vasallo - Ondersteunende stem in "La vida mata" van die plaat Los abismos cotidianos
- Fito Páez - Duet in "Pétalo de sal" and "Creo" van die plaat No sé si es Baires o Madrid
- Jorge Drexler - Duet in "Toque de queda" van die plaat Amar la trama
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ [1] Leonor Watling's voice profile on ElDoblaje.com
- ↑ Verwysing word benodig|datum=September 2010
- ↑ Capetillo, Belem (31 Maart 2017). "Residente estrena su primer álbum como solista y, no te preocupes, ¡no deja Calle 13!". starMedia (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2017. Besoek op 11 April 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leonor Watling.
- Leonor Watling in die Internet-rolprentdatabasis
- Official Marlango website