Gaan na inhoud

Labia (teater)

Koördinate: 33°55′48″S 18°24′44″E / 33.93000°S 18.41222°O / -33.93000; 18.41222
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Labia (teater)
Stad of dorp Kaapstad
Land Suid-Afrika
Geopen 1949 (1981 as rolprentteater)
Webtuiste Labia

Die Labia in Tuine, Kaapstad, is ’n rolprentteater waar veral kunsrolprente vertoon word. Dit was voorheen ’n verhoogteater.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die gebou was oorspronklik ’n danssaal wat aan die Italiaanse ambassade langsaan behoort het. In Mei 1949 is dit deur prinses Ida Labia geopen as ’n teater. Dit is deur die Cape Town Repertory Theatre Society (Reps) en die Kaapstadse Afrikaanse Toneelvereniging (KAT) gebruik.

Die bykomende finansiële las wat die teater op die toneelgeselskappe geplaas het, het daartoe bygedra dat die KAT in 1962 tot niet gegaan het en die Reps hul aandeel verkoop het.[1] Dit het in 1981 ’n gewilde onafhanklike rolprentteater geword. Veral kunsrolprente word vertoon.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]

33°55′48″S 18°24′44″E / 33.93000°S 18.41222°O / -33.93000; 18.41222