Krokodilrivier (Mpumalanga)
- Vir die "Krokodilrivier", 'n sytak van die Limpopo, sien Krokodilrivier (Limpopo).
Krokodilrivier (en) Crocodile River | |
---|---|
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
| |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Hoofrivier | Komatirivier |
Oorsprong | Steenkampsberg, noord van Dullstroom |
Sytak -links | Mbiyamitirivier, Witrivier |
Sytak -regs | Elandsrivier, Kaaprivier |
Monding | Komatirivier |
Krokodilrivier se samevloei met die Komatirivier op die Mosambiekgrens. | |
Koördinate: 25°26′18″S 31°58′35″O / 25.43833°S 31.97639°O |
Die Krokodilrivier is 'n groot rivier wat deur Mpumalanga, Suid-Afrika vloei.
Oorsprong en roete
[wysig | wysig bron]Die Krokodilrivier ontspring in die Steenkampsberge noord van Dullstroom, Mpumalanga, en is 'n takrivier van die Komatirivier. Dit staan ook bekend as die Krokodilrivier (Oos) om verwarring te voorkom met die Krokodilrivier in die weste van die ou Transvaal.
Die Krokodilrivier in Mpumalanga het 'n opvanggebied van 10 446 km2. Stroomop is die gewilde forelhengelplekke rondom Dullstroom.[1] Na die Kwenadam vloei die rivier deur Schoemanskloof, oor die Montrose-waterval na die Laeveldse landbougebied. Die stelselmatige afname in die rivier se volume is waarskynlik a.g.v. wateronttrekking vir landboubesproeiing en natlei van vrugteboorde. Daarna vloei dit deur Nelspruit se nywerheidsgebied, dan langs die suidelike Krugerwildtuingrens en groot suikerrietplantasies, en naby Komatipoort vloei die rivier in die Komatirivier in.[2]
Toerisme-aantreklikhede langs die Krokodil
[wysig | wysig bron]Die rivier vloei deur die Laeveld- Botaniese Tuin by Nelspruit, waar dit 'n diep kloof binnegaan, en die Nelsrivier uit die noorde daarby aansluit. Dit vorm ook die volle suidelike grens van die Krugerwildtuin. Hier verskaf die oewer uitstekende wildkykgeleenthede, aangesien diere vrylik tussen die Krugerwildtuin en privaat reservate ten suide rondbeweeg.
Gewilde oorde sluit ondermeer in:
- Leopard Creek Gholfbaan, deur Gary Player ontwerp
- Malelaneruskamp in die Krugerwildtuin[3]
- Marlothpark (landgoed en wildbewaringsgebied)
- Ngwenya Lodge ('n tyddeeloord)
- Krokodilbrugruskamp in die Krugerwildtuin[4]
Sytakke
[wysig | wysig bron]- Bankspruit
- Bumespruit (Krugerwildtuin)
- Elandsrivier, 'n sytak van die Krokodilrivier bekend vir sy baie watervalle, ontspring in die grasvlaktes op die plato van die Drakensberg naby Machadodorp.[5]
- Hartebeesspruit
- Houtbosloop en Devil's Creek, mondings digby Montrosepas op N4.
- Kaaprivier, monding digby N4 langs die Krugerwildtuin met sytakke:
- Suidkaaprivier en Noordkaaprivier met sy sytak, die Queensrivier.
- Mbiyamitirivier (Krugerwildtuin)
- sytak: Napispruit (Krugerwildtuin)
- Nelsrivier, ontspring in Long Tompas op die Drakensberge.[5]
- Statsrivier
- Vurhamispruit (Krugerwildtuin)
- Witrivier
- sytakke: Blinkwaterspruit en Boonsteloop
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hengel in Dullstroom Geargiveer 2 April 2015 op Wayback Machine
- ↑ The Komati River Basin and Land Use Geargiveer 15 Maart 2014 op Wayback Machine
- ↑ Malelane Ruskamp
- ↑ Krokodilbrug Ruskamp
- ↑ 5,0 5,1 "SA Places - Dullstroom". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2012. Besoek op 18 April 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Riviere van Suid-Afrika Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine (en)