Gaan na inhoud

Kommunistiese Manifes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kommunistiese Manifes

Oorspronklike titelManifes van die Kommunistiese Party
SkrywerKarl Marx en Friedrich Engels
VertalerSamuel Moore
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
TaalDuits
Uitgewer
UitgegeeLaat Februarie 1848

Die Kommunistiese Manifes, wat oorspronklik met die titel Manifes van die Kommunistiese Party uitgegee is, is 'n kort 1848 publikasie geskryf deur die politieke teoretici Karl Marx en Friedrich Engels. Dit word sedertdien erken as een van die wêreld se mees invloedryke politieke manuskripte. In opdrag van die Kommunistiese Liga, sit dit die Jeugliga se doelwitte en program uiteen. Dit bied 'n analitiese ontleding van die klasse stryd (historiese en deshede) en die probleme van die kapitalisme, eerder as 'n voorspelling van kommunisme se moontlike toekomstige manifestasies. Die publikasie bevat Marx en Engels se teorieë oor die aard van die samelewing en die politiek, wat in hul eie woorde, "Die geskiedenis van al die tot nou toe bestaande samelewing is die geskiedenis van klassestryd". Dit voorsien ook kortliks hul idees vir hoe die kapitalistiese samelewing van daardie tyd uiteindelik vervang sou word deur sosialisme, en dan uiteindelik deur kommunisme.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Geëmigreerde Duitse werkers, onder leiding van Schuster, het die "bourgeois-demokratiese" Liga van die Ballingskap verlaat om die Liga van die Regverdiges (Ligue des Justes) in Parys in 1836 te stig. Aanvanklik was hulle 'n soort genootskap, soortgelyk aan die geheime Franse groepe, insluitend die bekende Société des Saisons, wat 'n rebelse rol sou speel in die aanloop tot die gebeure van 1848.

Verskeie nuanses van filosofiese radikalisme en kommunisme wat na gelykheid streef, het hul gemeenskaplike grond gevind met die Regverdiges. Ondersteuners van Étienne Cabet, sowel as van Ludwig Feuerbach of Wilhelm Weitling, het probeer om hul idees aanvaar te kry. Nóg Karl Marx nóg Friedrich Engels het toe aan die Regverdiges behoort. Hulle het in hul wetenskaplike ondersoeke geglo dat die "Idees" gestagneer gebly het, terwyl dit die "Ekonomiese Feite" (produksieverhoudinge) was wat die grondslag van die samelewing vorm en die wêreld regeer.

Eers in 1847 het die Liga van die Regverdiges die tesisse van Marx en Engels, wat by die Bond aangesluit het, aanvaar. Dit het gebeur by twee kongresse, gehou in Londen, waar die nuwe naam aangeneem is: Liga van Kommuniste. Op hierdie stadium is besluit dat Marx en Engels 'n manifes vir die party moet skryf; dit het die Manifes van die Kommunistiese Party geword.

Die Manifes is geskryf deur Marx vanaf middel Desember 1847 tot einde Januarie 1848, in sy solderkamer in die Elsense Orleansstraat in Brussel.[1] Aan die begin van 1848 het hy dit in Londen in 500 eksemplare laat druk. Op die voorblad het dit die nou bekende slagspreuk "Proletariërs van alle lande, verenig!" Hierdie oproep word aan die einde van die manifes herhaal.

Kort na die publikasie van die manifes, op 22 Februarie 1848, het die Februarie-rewolusie in Parys begin.

Inhoud

[wysig | wysig bron]

Die Kommunistiese Manifes bevat 'n bondige verklaring van die idees van Marx en Engels oor ekonomie, klassestryd en rewolusie, waarop later in Das Kapital uitgebrei sou word, en wat uiteindelik die basis van Marxisme gevorm het. Hierdie uiteensetting is vervat in 'n literêre styl gebaseer op die gotiese roman: die industriële revolusie word voorgestel as 'n towenaar wat nie die kragte wat hy optower nie kan beheer (die moderne werkersklas en die plofbare bevolkingsgroei), 'n duidelike verwysing na Goethe se Der Zauberlehrling en Mary Shelley se Frankenstein.[2]

Die Manifes bestaan uit 'n inleiding en vier hoofstukke.

Die eerste hoofstuk, Bourgeois en Proletariërs, bevat 'n verduideliking van die Marxistiese siening van die geskiedenis, historiese materialisme. Die sentrale konsep is die klassestryd, wat die "enjin" van die geskiedenis is: "Die geskiedenis van elke samelewing wat tot dusver bestaan is die geskiedenis van klassestryd."

In Hoofstuk 2, Proletariërs en Kommuniste, voer Marx en Engels aan dat kommunisme (as enigste stroom) die belange van die proletariaat verdedig. Verder beantwoord dit baie argumente wat teen die kommunistiese aspirasies gebring kan word.

Hoofstuk 3, Sosialistiese en Kommunistiese Letterkunde, bevat 'n analise van die belangrikste sosialistiese idees wat in Marx en Engels se tyd die rondte gedoen het. Niemand word hierin gespaar nie; veral die Franse anargis Pierre-Joseph Proudhon moet dit ontgeld, maar ook die Duitse sosialiste. Laasgenoemde is volgens Marx en Engels verkeerdelik teen die liberale en nasionalistiese aspirasies van die Duitse bourgeoisie, wat in die kwasi-feodale Duitsland as 'n progressiewe strewe deur die arbeidersbeweging omhels behoort te word.

Die kort, slot vierde hoofstuk van die Manifes heet Posisie (of Verhouding) van die kommuniste teenoor (met) die verskillende opposisiepartye (afhangende van die uitgawe) en is hoofsaaklik 'n oproep tot opstand. Dit kom die sterkste na vore in die laaste drie bekende sinne: "Die proletariërs het niks anders as kettings om te verloor nie. Hulle het 'n wêreld om te wen. Proletariërs van alle lande, verenig!"

Ontvangs

[wysig | wysig bron]
Die enigste oorspronklike bladsy van die manuskrip wat nog bestaan.

Die Kommunistiese Manifes is die eerste keer in 1848 in 'n beperkte uitgawe gepubliseer. Dit het min aandag gekry ten tyde van sy publikasie en in die volgende dekades, des te meer omdat die proletariese rewolusie nie gerealiseer het nie. Slegs die 1871-heruitgawe het 'n blitsverkoper geword: teen daardie tyd het Marx sy reputasie as 'n denker gevestig met die eerste volume van Das Kapital (1867) en sosiale demokrasie het momentum in Duitsland gekry. Vanaf die Russiese Rewolusie het die Manifes in massasirkulasie verskyn.[3]

Die manifes is sedert 2013 op die Wêrelddokumentêre Erfenislys ingesluit.[4] Die enigste bewaarde bladsy van die manuskrip van die Kommunistiese Manifes in die handskrif van Karl Marx is in Nederland, in die argiewe van die Internasionale Instituut vir Geskiedenis.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]