Gaan na inhoud

Jacques Delors

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jacques Delors

President van die Europese Kommissie
Ampstermyn
7 Januarie 1985 – 24 Januarie 1995
Vise Frans Andriessen
Voorafgegaan deur José Manuel Barroso
Opgevolg deur Jacques Santer

Minister van Ekonomie, Fisansies en Nywerheid van Frankryk
Ampstermyn
22 Mei 1981 – 17 Julie 1984
President François Mitterrand
Voorafgegaan deur René Monory
Opgevolg deur Pierre Bérégovoy

Lid van die Europese Parlement
Ampstermyn
1 Julie 1979 – 17 Julie 1981

Persoonlike besonderhede
Gebore 20 Julie 1925 (1925-07-20) (99 jaar oud)
Parys, Frankryk
Sterf 27 Desember 2023
Politieke party PSF
Eggenoot/-note Marie Lephaille
Alma mater Universiteit van Parys
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Delors (1988)

Jacques Delors (20 Julie 1925 in Parys - 27 Desember 2023) was 'n Franse en Europese politikus. Hy is veral bekend as President van die Europese Kommissie (1985- 1995) en die argitek van die enkele interne mark en die invoering van die Europese Unie.

Delors besit 'n graad in ekonomie van die Sorbonne universiteit in Parys (1945) en werk van 1945 tot 1962 vir die Banque de France die nasionale bank van Frankryk en is van 1973 - 1979 lid van die bank se raad van advies. Sy loopbaan in die politiek begin in 1969 wanneer hy raadgewer van die Eerste Minister word. Hy is lid van die PSF, die sosialistiese party van Frankryk en is van 1979 - 1981 lid van die parlement. Van 1981 - 1984 dien hy as minister van ekonomie en finansies en probeer die Franse ekonomie weer te laat opbloei.

Europa

[wysig | wysig bron]

In 1985 word hy President van die Europese Kommissie van wat toe nog die Europese Gemeenskappe genoem word. Hy sal twee volle ampstermyne dien tot 1995. In hierdie tyd is die EG 'n verwarrende en min doeltreffende versameling van veral intergoewermentele organisasies. Daar is politici in Europa soos Altiero Spinelli wat probeer om hierdie situasie te verbeter. In 1984 is daaroor die Spinelli-plan in die Europese Parlement aangeneem. Delors is die argitek van die Enigste Europese Akte (1987) wat gedeeltes van die Spinelli-plan verwesenlik. Die verlammende werking van kompromis van Luxemburg word grotendeels opgehef.[1] die grondslag word gelê vir die enkele interne mark wat in 1993 verwesenlik word. Dit is baie belangrik vir die ekonomie van Europa. Die verskeie instellings van die Europese Gemeenskappe word vereen in die Europese Unie.[2]

Die sosiale beleid

[wysig | wysig bron]

Delors het die Anglo-Amerikaanse ekonomiese en sosiale beleid van Thatcher en Reagan teengestaan. Hy wil dat die verdieping van die Europese eenwording 'n "sosiale hoofstuk" bevat wat werkende mense behoed vir hoë werkloosheid en 'n verarming van die armes en verryking van die rykes. Hy besef dat die Verenige Koninkryk dalk sulke ontwikkelings onaanvaardbaar sal vind en die EU sal wil verlaat. Hy sê:[3]

As die Britte die ontwikkeling na meer integrasie nie kan ondersteun nie, kan ons nogtans vriende bly, maar op 'n ander grondslag. Ek kan my 'n vorm voorstel soos 'n ekonomiese gebied of 'n vryhandelsooreenkoms.

Die euro

[wysig | wysig bron]

Delors kan as een van die belangrikste argitekte van die invoering van die euro in 1999 beskou word. In 2011 gee hy nogtans toe dat belangrike foute gemaak is by die invoering van die Europese munt, wat die ekonomiese krisis van die jare 2010s het help veroorsaak. Dit het byvoorbeeld lande soos Italië en Griekeland in staat gestel om (te) groot staatskulde te maak wat die euro se voortbestaan bedreig het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Presidency of the European Commission under Jacques Delors: The Politics of Shared Leadership K. Endo Springer, 1999, ISBN 0-333-98416-1, ISBN 978-0-333-98416-1
  2. Club of Madrid
  3. Marc Seddon Guardion 11 Aug 2017