Gaan na inhoud

Hildeoc

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hildeoc of Hilduoc was die vierde koning van die Lombarde. Hy regeer in die middel van die vyfde eeu, in 'n tyd toe die Lombarde gewoon het tussen die middelloop van die Donau en Norikum, wat gedeeltelik deur die Romeine ontruim is.

Paulus Diakonus, outeur van die Historia gentis Langobardorum, vermeld byna niks oor Hildeoc, behalwe dat hy die vierde seun en opvolger was van koning Lethuoc, oprigter van die Letingse-dinastie, wat vir meer as 'n eeu sou regeer oor die Lombarde.[1]

Sy opvolger was Godehoc, sy jonger broer.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Paulus Diakonus, Historia gentis Langobardorum