Gaan na inhoud

HD 10180

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
HD 10180
Die ruimte rondom die ster HD 10180 (middel). Bron: ESO
Die ruimte rondom die ster HD 10180 (middel).
Bron: ESO
Sterrebeeld Suidelike Waterslang
Spektraaltipe G1V
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 37m 53,57672s
Deklinasie −60° 30′ 41,4954″
Skynmagnitude (m) 7,33
Besonderhede
Massa (M) 1,062
Radius (R) 1,2
Ligsterkte (L) 1,49
Ouderdom (jaar) 7,3 miljard
Temperatuur (K) 5 911
Afstand (ligjaar) 12l
Eienskappe
Planete 7
Ander name
CD–61°285, HD 10180, HIP 7599, SAO 248411
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

HD 10180 is ’n ster baie soos die Son in die sterrebeeld Suidelike Waterslang wat bekend is as die ster met dalk sover bekend die meeste planete – moontlik nege,[1] waarvan sewe bevestig is. Dit is dus dalk die grootste planetêre stelsel, insluitend ons sonnestelsel.[2]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Die ster is sowat 127 ligjare (39 parsek) van die Aarde af.[3] Sy skynbare helderheid is 7,33 mag en dit kan dus nie met die blote oog gesien word nie, maar wel met ’n klein teleskoop.[4]

Die sterreklassifikasie van die ster is G1V, wat beteken dit is ’n hoofreeksster wat energie in sy kern opwek deur die fusie van waterstof. Sy massa is 6% groter as dié van die Son. Dit het ’n 20% groter metaalinhoud (elemente benewens waterstof en helium) as die Son. Met ’n geraamde ouderdom van 7,3 miljard jaar is dit ’n stabiele ster met geen noemenswaardige magneet-aktiwiteit nie. Sy geraamde rotasieperiode is sowat 24 dae.[2]

Planetêre stelsel

[wysig | wysig bron]
’n Kunstenaarsvoorstelling van HD 10180 d, met ook 10180 b en 10180 c sigbaar.

In 2010 het ’n navorsingspan onder Christophe Lovis van die Universiteit van Genève aangekondig die ster het minstens vyf planete, en dalk tot sewe.[2] Op 6 April 2012 het die sterrekundige Mikko Tuomi van die Universiteit van Hertfordshire ’n verslag in Astronomy and Astrophysics gepubliseer wat voorstel dat die ster nege planete het. Nadat die data hersien is, is verdere bewyse gevind van die ster se heel binneste planeet (b) sowel as van twee bykomende planete (i en j).

Die stelsel bevat vyf planete met ’n minimum massa van 12 tot 25 keer dié van die Aarde (vergelykbaar met dié van Uranus en Neptunus) en met wentelbaanradiusse van 0,06, 0,13, 0,27, 0,49 en 1,42 AE, net minder as Mars s’n.

Die planeet HD 10180 b is onbevestig, maar as dit bestaan moontlik min of meer so groot soos die Aarde (minimum massa 1,4 keer die Aarde s'n). HD 10180 c, wat omtrent so groot soos Uranus is, is moontlik ’n gasreus. HD 10180 i is ’n moontlike, maar onbevestigde planeet nie baie groter as die Aarde nie wat in 2012 deur Mikko Tuomi ontdek is.

HD 10180 d is omtrent die grootte van Neptunus en moontlik ook ’n gasreus. HD 10180 e is moontlik nog ’n gasreus, maar is waarskynlik omtrent twee keer so groot soos Neptunus. HD 10180 j is ’n moontlike, maar onbevestigde planeet omtrent so groot soos die Aarde of dalk ’n gasdwerg wat in 2012 deur Mikko Tuomi ontdek is.

HD 10180 f is min of die meer dieselfde soort planeet as HD 10180 e. HD 10180 g is ’n gasreus groter as Neptunus (dalk 24 keer die massa van die Aarde). HD 10180 h is sover bekend die grootste en verste planeet. Dit is waarskynlik ’n gasreus omtrent so groot soos Saturnus (met ’n minimum massa van 65 keer dié van die Aarde).

Die HD 10180-stelsel[1]
Planeet of skyf
(vanaf ster)
Massa Halwe lengteas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
Eksentrisiteit Baanhelling
(°)
Radius
b (onbevestig) >1,3 ± 0,8 M 0,02222 ± 0,00011 1,17766 ± 0,00022 0,0005 ± 0,0049
c >13,0 ± 2,0 M 0,0641 ± 0,0010 5,75973 ± 0,00083 0,07 ± 0,08
i (onbevestig) >1,9 ± 1,8 M 0,0904 ± 0,047 9,655 ± 0,072 0,05 ± 0,23
d >11,9 ± 2,15 M 0,1284 ± 0,0061 16,354 ± 0,0013 0,011 ± 0,013
e >25,0 ± 3,9 M 0,270 ± 0,0013 49,75 ± 0,007 0,001 ± 0,010
j (onbevestig) >5,1 ± 3,2 M 0,330 ± 0,016 67,55 ± 1,28 0,07 ± 0,12
f >23,9 ± 1,4 M 0,4929 ± 0,0078 122,88 ± 0,65 0,13 ± 0,015
g >21,4 ± 3,4 M 1,415 ± 0,091 596 ± 37 0,03 ± 0,40
h >65,8 ± 12,9 M 3,49 ± 0,60 2300 ± 550 0,18 ± 0,016

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Tuomi, Mikko (6). "Evidence for 9 planets in the 10180 system" (PDF). Astronomy & Astrophysics. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |date= en |year= / |date= mismatch (hulp); Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  2. 2,0 2,1 2,2 Lovis, C; et al. (8 Augustus 2010). "The HARPS search for southern extra-solar planets XXVII. Up to seven planets orbiting HD 10180: probing the architecture of low-mass planetary systems". Astronomy & Astrophysics. 528. arXiv:1011.4994. Bibcode:2011A&A...528A.112L. doi:10.1051/0004-6361/201015577.
  3. Gill, Victoria (24 Augustus 2010). "Rich exoplanet system discovered". BBC News (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 24 Augustus 2010.
  4. Sherrod, P. Clay; Koed, Thomas L. (2003). A Complete Manual of Amateur Astronomy: Tools and Techniques for Astronomical Observations. Astronomy Series. Courier Dover Publications. p. 9. ISBN 0-486-42820-6.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]