Gulf Air
| |||||||
Gestig | 1950 (as Gulf Aviation) | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | Bahrein Internasionale Lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram | Falconflyer[1] | ||||||
Vlootgrootte | 35 | ||||||
Bestemmings | 59 | ||||||
Houermaatskappy | GULF AIR HOLDING B.S.C | ||||||
Hoofkantoor | Muharraq, Bahrein | ||||||
Sleutelpersone | |||||||
Webwerf | GulfAir.com |
Gulf Air ( Arabies: طيران الخليج) is 'n lugredery en die vlagdraer van Bahrein, gestig in 1950. Dit bedryf vlugte na Afrika, Asië, Australië, Europa, die Midde-Ooste en die Verenigde State. Die basis is Bahrein Internasionale Lughawe. Gulf Air is ook die titelborg van die Formule Een Bahreinse Grand Prix.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Gulf Aviation Company is op 24 Maart 1950 gestig. Die British Overseas Aircraft Corporation (BOAC), 'n voorloper van British Airways, was byna vanaf sy ontstaan af 'n groot aandeelhouer in die lugredery. In 1970 is 'n internasionale gereelde diens na Londen met die Vickers VC10 begin. In 1973 het die regerings van Aboe Dhabi, Bahrein, Oman en Katar die aandele van BOAC oorgeneem. Die naam is verander na Gulf Air en dit het die vlagdraer van hierdie vier Golfstate geword.
In 1976 het die eerste Lockheed L-1011 TriStars en Boeing 737's by die vloot aangesluit; in daardie jaar het die maatskappy 4 000 werknemers in diens gehad. In 1981 het dit 'n lid van die IATA geword. Weens die vinnige groei van die vloot en bestemmings is meer as 7,5 miljoen passasiers vir die eerste keer in 2004 vervoer. Aboe Dhabi het in September 2005 as aandeelhouer onttrek en Oman het in Mei 2007 gevolg[4]. Gulf Air word nou 100% deur Bahrain besit deur die Bahrain Mumtalakat Holding Company.
Huidige vloot
[wysig | wysig bron]Teen Augustus 2023 bestaan Gulf Air se vloot uit die volgende vliegtuie:[5][6]
Tipe | Aantal | Bestellings | Aantal passasiers |
---|---|---|---|
Airbus A320-200 | 8 | 0 | 136 |
Airbus A320neo | 6 | 0 | 136 |
Airbus A321-200 | 4 | 0 | 169 |
Airbus A321neo | 2 | 2 | TBA |
Airbus A321LR | 6 | 3 | 166 |
Boeing 787-9 | 8 | 2 | 282 |
Totaal | 34 | 7 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "About Falconflyer". Gulf Air.
- ↑ "Board of Directors". Besoek op 17 April 2017.
- ↑ "Jeffrey Goh - DCEO". Gulf Air. Besoek op 19 Maart 2020.
- ↑ (en) "Arab Aviation, Oman trekt zich terug uit Gulf Air". Besoek op 6 Maart 2012.
- ↑ "Gulf Air Fleet Detail and History". Planespotters.net. Besoek op 3 Augustus 2023.
- ↑ "Gulf Air fleet".