Gibraltar
Voorkoms
| |||||
Nasionale leuse: Montis Insignia Calpe[1] (Latyn vir: "Kenteken van die Rots van Gibraltar") | |||||
Volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") Nasionale lied: Gibraltar Anthem | |||||
Hoofstad | Gibraltar | ||||
Grootste stad | Westside | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Parlementêre demokrasie binne ’n grondwetlike monargie Charles III Sir David Steel Fabian Picardo James Cleverly | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Verowering • Afgestaan • Nasionale Dag |
Britse oorsese gebied 4 Augustus 1704 11 April 1713 10 September | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
6,8 km2 (241ste) 2,6 myl2 0 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2012-sensus - Digtheid |
34 003[2] (220ste) 32 194 5 000 / km2 (5de) 12 949,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2013-skatting £1,64 miljard | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
£2,441 miljard[3] | ||||
MOI (2018) | 0,961[4] (3de) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Pond (£) (GIP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .gi | ||||
Skakelkode | +350 | ||||
a. Vir al die Britse oorsese gebiede |
Gibraltar is 'n Britse oorsese gebied aan die suidpunt van Spanje met 'n oppervlakte van 6,8 km² en 'n bevolking van 30 001 in 2012.
Die meeste inwoners is van Spaanse, Portugese of Marokkaanse afkoms. Gibraltar word deur Spanje geëis. Die stad lê aan die noordelike punt van die Straat van Gibraltar, wat die Atlantiese Oseaan in die weste met die Middellandse See in die ooste verbind en Europa van Afrika skei.
Die skiereiland is veral vir die Rots van Gibraltar bekend, een van twee Pilare van Herakles, waar die enigste natuurlike habitat van Ape in Europa gevind kan word.
Trivia
[wysig | wysig bron]- Die naam Gibraltar is 'n omvorming van die Arabiese naam Djebel Tarik (berg van Tarik).
- Tarik was die leier van die More wat Spanje in die 8ste eeu binnegeval het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "National Symbols". Regering van Gibraltar. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2014. Besoek op 22 Augustus 2014.
- ↑ (en) "Gibraltar – Key Indicators". Regering van Gibraltar. 2020. Besoek op 5 Junie 2020.
- ↑ (en) "Statistics Downloads" (PDF). Regering van Gibraltar. Besoek op 9 April 2022.
- ↑ (en) "Filling Gaps in the Human Development Index" (PDF). United Nations ESCAP. Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Oktober 2011. Besoek op 5 Oktober 2011.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Gibraltar". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 September 2022.
- (en) "Gibraltar". Central Intelligence Agency. Besoek op 14 September 2022.
- Kennis, 1980, vol 3, bl. 470-471, ISBN 0 7981 0825 8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gibraltar.
- (en) Toerisme-inligting oor Gibraltar op Wikivoyage