Franse Unie
| |||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Leuse: Liberté, Égalité, Fraternité | |||||||||||||||||
Volkslied: Marseillaise | |||||||||||||||||
Die Franse Unie in 1920. | |||||||||||||||||
Hoofstad | Parys 48°51′N 02°21′W / 48.850°N 2.350°W | ||||||||||||||||
Taal/Tale | Frans | ||||||||||||||||
Regering | Republiek | ||||||||||||||||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | ||||||||||||||||
- Stigting | 27 Oktober 1946 | ||||||||||||||||
- Ontbinding | 5 Oktober 1958 | ||||||||||||||||
Geldeenheid | Franse frank CFA-frank CFP-frank Frans-Indosjinese piastre | ||||||||||||||||
|
Die Franse Unie (Frans: Union française) word volgens die Franse grondwet van die Vierde Republiek van 27 Oktober 1946 geskep om die ou koloniale stelsel van Frankryk (Empire français) te vervang. Dit is die voorloper van die Franse Gemeenskap, wat op 28 Februarie 1958 gestig word.
Die Britse Gemenebes dien as die voorbeeld van die Franse Unie, en die Franse president fungeer ook as president van die Franse Unie. Ander instellings van die unie is die Hoë Raad en die Vergadering van die Franse Unie.
Die Franse Unie word saamgestel uit Frankryk, die oorsese Franse départements, gebiede, nedersettings, mandaatgebiede van die Verenigde Nasies, Franse kolonies (wat later die status van oorsese départements kry) en geassosieerde state (protektorate) wat later selfregerend word. Die state van Frans-Indosjina verlaat die Franse Unie in 1954, terwyl Marokko en Tunisië in 1956 hulle onafhanklikheid verkry.