Edward Carson
Edward Henry Carson | |
Driekwartlengte-portret van Edward Carson | |
Leier van die Opposisie
| |
Ampstermyn 19 Oktober 1915 – 6 Desember 1916 | |
Monarg | George V |
---|---|
Voorafgegaan deur | Vakant |
Opgevolg deur | H.H. Asquith |
Attorney General for England and Wales
| |
Ampstermyn 25 Mei 1915 – 19 Oktober 1915 | |
Monarg | George V |
Eerste minister | H.H. Asquith |
Voorafgegaan deur | Sir John Simon |
Opgevolg deur | Sir F.E. Smith |
Solicitor General for England and Wales
| |
Ampstermyn 11 Mei 1900 – 4 Desember 1905 | |
Monarg | Victoria Edward VII |
Eerste minister | The Marquess of Salisbury Arthur Balfour |
Voorafgegaan deur | John Atkinson |
Opgevolg deur | Charles Hemphill |
First Lord of the Admiralty
| |
Ampstermyn 10 Desember 1916 – 17 Julie 1917 | |
Voorafgegaan deur | Arthur Balfour |
Opgevolg deur | Sir Eric Geddes |
Minister sonder portefeulje en lid van die Oorlogskabinet
| |
Ampstermyn 17 Julie 1917 – 20 Januarie 1918 | |
Voorafgegaan deur | Geen |
Opgevolg deur | Geen |
Leier van die Irish Unionist Parliamentary Party
| |
Ampstermyn 1910 – 1921 | |
Voorafgegaan deur | Walter Long |
Opgevolg deur | The Viscount Craigavon |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 Februarie 1854 Dublin, Ierland, Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland |
Sterf | 22 Oktober 1935 Cleve Court, Minster-in-Thanet, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Ierse Unioniste-alliansie (UUP) |
Eggenoot/-note | Anette Kirwan († 1913) Ruby Frewen († 1966) |
Kind(ers) | 5 |
Alma mater | Trinity-kollege, Dublin |
Religie | Kerk van Ierland (Anglikaans) |
Edward Henry Carson, Baron Carson (* 9 Februarie 1854, † 22 Oktober 1935), vanaf 1900 tot 1921 bekend as Sir Edward Carson, was 'n Ierse politikus, advokaat en regter. As leier van die Ierse Unioniste-alliansie (Irish Unionist Alliance) en Ulster-Unionisteparty (Ulster Unionist Party), poste wat hy tussen 1910 en 1921 beklee het, het Carson Ierse selfregering (Home Rule) verwerp en hom vir die handhawing van die politieke unie tussen Ierland en Groot-Brittanje beywer.
Carson het verskeie poste in die Britse kabinet beklee en as Lord of Appeal in Ordinary (Law Lord, "Lordregter") gedien. Die Britse historikus John Brown het opgemerk dat "sy standbeeld, wat meer as lewensgrootte is en gedurende sy leeftyd [in 1933] voor die Noord-Ierse parlementsgebou op Stormont opgerig is, 'n opvatting versinnebeeld wat deur vele gedeel word - dat Noord-Ierland sy skepping is."[1]
Carson was een van min nie-koninklike Britse persoonlikhede wat 'n staatsbegrafnis ontvang het. Carson het sy laaste rusplek in die Kerk van Ierland se Sint Anna-katedraal (St Anne's Cathedral) te Belfast gevind, net soos sy tweede vrou Ruby Frewen wat ná haar verassing in die katedraal se columbarium ter ruste gelê is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ John Brown: Carson, Sir Edward, Baron Carson 1854–1935. In: David Loades (red.): Reader's Guide to British History. Volume 1. London: Fitzroy Dearborn Publishers 2003, bl. 227
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Media