Drawidas
Drawide | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Suid-Asië, meestal suidelike Indië en noordelike Sri Lanka |
Genetiese klassifikasie: |
Drawide |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Drawidiese tale: Noord Sentraal Suid-Sentraal Suid |
Die term Drawidas of Dravidas verwys na mense wat een van die Drawidiese tale as moedertaal praat. Daar is sowat 245 miljoen mense wat 'n Drawidiese taal as moedertaal besig.[1] Drawidas stel die meerderheid in Suid-Indië en is inheems aan Indië, Pakistan, Afghanistan,[2] Bangladesj, Maledive en Sri Lanka.[3]
Proto-Drawidies is dalk deur die Indusvalleibeskawing gebesig, wat daarop dui dat Proto-Drawidies aan die begin van die derde millennium v.C. gepraat is,[4] aansluitend het dit in verskeie Drawidiese tale verbrokkel.[5] Suid-Drawidies I (insluitende voor-Tamil) en Suid-Drawidies II (insluitende voor-Telugu) stig rondom die 11de eeu v.C., met die ander hooftakke wat rondom dieselfde tyd afgestig het.[6]
Die oorsprong van die Drawidas is 'n "baie komplekse onderwerp van navorsing en debat". Hulle is dalk inheems aan die Indiese subkontinent,[7][8][9] maar 'n herkoms of invloed van Wes-Asië is ook al voorgestel.[10][11][12][13] Hul oorsprong word dikwels in verband gesien met die Indusvalleibeskawing,[13][14] waarvandaan mense ná die einde van die Indusvalleibeskawing in die vroeë tweede millenium v.C. saam met hul tale oos- en suidwaarts begin versprei het,[15] gelyktydig met die opkoms van Indo-Ariërs,[16] met wie hulle 'n intensiewe omgang gehad het.[17] Van die onlangse DNA-bewyse dui op 'n verband tussen 'n lyk, wat op die Harappan-terrein van Rakhigarhi in Haryana gevind is, en "Antieke Suid-Indiërs".[18] Uit hierdie interaksies en migrasies ontstaan ná 500 v.C. uiteindelik die sogenaamde "Hindoe-sintese". [19]
Die derde eeu v.C. het die opkoms van groot koninkryke in Suid-Indië gesien. Middeleeuse Tamilse gildes en handelsorganisasies soos die "Ayyavole en Manigramam" het 'n belangrike rol in die Suidoos-Asiatiese handel[20] en die kulturele Indianisering van die streek gespeel.
Die Drawidiese visuele kuns word deur gestileerde tempelargitektuur in hoofsentra en die vervaardiging van beelde van klip- en bronsbeeldhouwerke oorheers. Die skulptuur wat uit die Chola-tydperk dateer het 'n bekende simbool van Hindoeïsme geword.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) West, Barbara A. (19 Mei 2010). Encyclopedia of the Peoples of Asia and Oceania. Infobase Publishing. pp. 193–194. ISBN 978-1-4381-1913-7. Besoek op 18 Oktober 2016.
- ↑ (en) Louis, Rosenblatt; Steever, Sanford B. (15 April 2015). The Dravidian Languages. Routledge. p. 388. ISBN 978-1-136-91164-4. Besoek op 18 Oktober 2016.
- ↑ (en) Swan, Michael; Smith, Bernard (26 April 2001). Learner English: A Teacher's Guide to Interference and Other Problems. Cambridge University Press. p. 227. ISBN 978-0-521-77939-5. Besoek op 18 Oktober 2016.
- ↑ Krishnamurti 2003, p. 501.
- ↑ (en) History and Archaeology, Volume 1, Issues 1-2 bl. 234, Department of Ancient History, Culture, and Archaeology, University of Allahabad
- ↑ Krishnamurti 2003, p. 501-502.
- ↑ (en) Burjor Avari. Ancient India: A History of the Indian Sub-Continent from C. 7000 BC to AD 1200. Routledge. p. 13.
- ↑ (en) Colin P. Masica. The Indo-Aryan Languages. Cambridge University. p. 39.
- ↑ (en) Jeffrey Kopstein, Mark Lichbach (2005). Comparative Politics: Interests, Identities, and Institutions in a Changing Global Order. Cambridge University. p. 345.
- ↑ Cavalli-Sforza (1994), pp. 221-222.
- ↑ Kivisild 1999, p. 1333.
- ↑ Parpola 2015, p. 17.
- ↑ 13,0 13,1 Samuel 2008, p. 54 note 15.
- ↑ Parpola 2015.
- ↑ Narasimhan et al. 2018, p. 15.
- ↑ (en) Razab Khan, The Dravidianization of India
- ↑ "Dravidian languages" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 5 Augustus 2019.
- ↑ Shahane, Girish. "Why Hindutva is Out of Steppe with new discoveries about the Indus Valley people". Scroll.in (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 5 Augustus 2019.
- ↑ Lockard 2007, p. 50.
- ↑ (en) The Emporium of the World: Maritime Quanzhou, 1000–1400 by Angela Schottenhammer bl. 293
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Drawidas.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |