Clef
Clef | |
---|---|
titel | Koning van die Lombarde |
regeer | 572-574 |
voorganger | Alboin |
opvolger | Interregnum tot 584 |
moeder | ? |
Clef (ook Cleb, Clep, Clip, Clebus, Claffo, Cleph, Clepho, Kleph of Sleoph) (? - 574) was die opvolger van Alboin as koning van die Lombarde.
Na die moord op Alboin was dit die bedoeling dat Helmichis, waarskynlik behorend tot die groep wat verantwoordelik was vir die moord op Alboin, die nuwe koning van die Lombarde sou word. Die Lombardiese adel het egter in die pad van sy opvolging gestaan en - saam met die weduwee van Alboin, Rosamunda - vlug hy na die Oos-Romeinse Ryk. Clef is vervolgens deur die Lombardiese hertoë tot koning ingewy. Onder sy bewind is die Romeinse elite se grondbesit onteien en is hulle ook verdryf. Die Lombardiese reg het bindend geword in Italië.
Sy regering is verder gekarakteriseer deur groot wreedheid, en in 574 is Clef vermoor deur 'n slaaf. Gedurende die tien jaar na sy dood is geen koning oor die Lombarde aangestel nie: die magtige Lombardiese hertoë wou liewer self baas bly. Na die interregnum het Clef se seun Autari aan die mag gekom.[1][2]
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Paolo Bertolini: Clefi, re dei Longobardi, in: Dizionario Biografico degli Italiani 26 (1982) 174–178.
- Francesco Borri: Re Clefi (572–74), in: Irene Barbiera, Francesco Borri, Annamaria Pazienza (Hrsg.): I Longobardi a Venezia. Scritti per Stefano Gasparri, Brepols, Turnhout 2020, S. 39–50.
- Wilfried Menghin: Die Langobarden, Theiss, Stuttgart 1985.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikisource bevat oorspronklike teks in verband met |
Wikisource bevat oorspronklike teks in verband met |