Blouwildebees
Blouwildebees | |
---|---|
Blouwildebees in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. taurinus
|
Binomiale naam | |
Connochaetes taurinus (Burchell, 1823)
| |
Subspesies | |
C. t. taurinus, blouwildebees of Bridled Gnu | |
██ C. t. taurinus██ C. t. cooksoni██ C. t. johnstoni██ C. t. albojubatus██ C. t. mearnsi
|
Die blouwildebees (Connochaetes taurinus) is 'n groot wildsbok wat aangetref word in die noordelike deel van Transvaal en ooswaarts tot teen die Swazilandgrens, Noord-Natal in Zoeloeland.
Habitat
[wysig | wysig bron]Blouwildebeeste verkies 'n oop boomveld-savanne met permanente oop water. Binne hierdie gebied sal hulle in valleie en teen berghange voorkom.
Gewoontes
[wysig | wysig bron]Blouwildebeeste kom in troppe van 20-30 voor. Tydens periodes van voedselskaarste sal groot samedrommings vorm om na beter weivelde te migreer.
Die sosiale struktuur bestaan uit territoriale bulle, koei- en bultroppe. Koeitroppe bestaan uit koeie met hul jongste kalwers. Hierdie troppe beweeg deur territoriale bulle se gebiede en gedurende die paartyd sal die bulle met bronstige koeie paar. Die gemiddelde teeltropgrootte in Oos-Afrika is 10 diere en die tuisgebied is ongeveer 2 500 ha.
Bultroppe is losser versamelings van volwasse en jong bulle wat uit koeitroppe verdryf is. Die diere bly aan die rand van die gebiede van koeitroppe wat gewoonlik die swakste veld is.
Bouwildebeeste rol hul pels gereeld teen sekere areas van hul habitat.
Voedsel
[wysig | wysig bron]Blouwildebeeste is grasvreters en verkies groen, kort gras. Die diere is lief om op pas gebrande veld te beweeg om groen grasspruite te benut.
Voortplanting
[wysig | wysig bron]Paartyd is van Maart tot Mei, met 'n spitskalfseisoen van November tot Desember. Die draagtyd is 8,5 maande, waarna 'n enkele kalf gebore word.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Blouwildebeeste noord van Namutoni, Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
-
Twee vegtende blouwildebeeste in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
-
'n Rustende blouwildebees naby Klein Namutoni Fontain, Fort Namutoni, Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
-
'n Jong blouwildebees in die Tswalu Kalahari Reservaat, Suid-Afrika.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens alfabet
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blouwildebees.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir blouwildebees.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Blouwildebees