Gaan na inhoud

Blougaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Blougaai
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Corvidae
Genus: Cyanocitta
Spesie:
C. cristata
Binomiale naam
Cyanocitta cristata
Globale verspreiding: Geel: broeigebied; Groen: heel jaar woonagtig; Blou: oorwintering.

Die Blougaai (Cyanocitta cristata) is 'n sangvoël inheems aan Noord-Amerika. Hulle het opvallende laventelblou vere op die kop en rug. Vere op die onderlyf is gebroke wit. Hulle het 'n swart kraag om die nek en word ongeveer 30 cm lank.[2]

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Die blougaai kom oor 'n groot deel van die oostelike helfte van die Verenigde State van Amerika voor. Hulle is talryk in gemengde bos, maar is ook algemeen in parke en tuine.

Dieet

[wysig | wysig bron]

Blougaaie is omnivore wat 'n verskeidenheid voedselsoorte benut. Hulle vreet onder andere sade, bessies, grondboontjies en brood, maar ook vleis, eiers en klein ongewerwelde diertjies.

Voortplanting

[wysig | wysig bron]

Modder word gebruik om die nes in 'n geskikte boom of groot struik te bou. Beide die mannetjie en die wyfie bou saam aan hul nes. Daarna lê die wyfie haar eiers wat na 16 tot 18 dae uitbroei. Hulle maak die kuikens saam groot.

Fotogalery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. BirdLife International (2012). "Cyanocitta cristata". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Animal Life, Tirion Uitgewers BV, Baarn. ISBN 978-90-5210-774-5