Gaan na inhoud

Bloemfontein-konvensie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaart van die Boererepublieke

Die Bloemfontein-konvensie ’n konvensie ingevolge waarvan Brittanje die destydse Oranje-Vrystaat (OVS) as 'n onafhanklike Boererepubliek erken het.[1] Voor die ondertekening daarvan was die gebied van 1848 tot 1854 as deel van die Oranjerivier-soewereiniteit onder Britse beheer. Twee jaar vroeër (1852) is die Sandrivierkonvensie onderteken, waardeur die gebied noord van die Vaal onafhanklik geword het.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die konvensie is op 23 Februarie 1854 deur verteenwoordigers van die Boere en die Britte onderteken. In die traktaat staan die Verenigde Koninkryk alle beheer oor die Oranjerivier-soewereiniteit, die gebied tussen die Oranje- en die Vaalrivier af, waardeur die Oranje-Vrystaat onafhanklik word. Die ooreenkoms is by Green Lodge in Bloemfontein, later die hoofstad van die Vrystaat, tussen sir. George Russell Klerk en 25 Boere-verteenwoordigers onderteken.

Die vernaamste rede vir die konvensie was dat die Oranjerivier-soewereiniteit vanweë konstante konflikte met die Basotho eintlik 'n las vir die Britte was, terwyl die Boere baie graag hulle onafhanklikheid wou herwin. Die belange van die Britse setlaars in die gebied is nie oorweeg nie.[2] Die konvensie het egter nie die grense tussen die Basotho-koninkryk en die OVS bepaal nie. Hierdie weglating het later tot talle konflikte gelei.[3]

Nadat die gebied onder beheer van die Boere gekom het is slawerny verban. Die hantering van Swart inboorlinge is gereguleer, soos die tipe kontrakte wat met hulle aangegaan kon word. Daar is selfs reëls vir toekomstige handel ingestel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]