Beppe Grillo
Voorkoms
Beppe Grillo | |
Beppe Grillo in 2015 | |
Leier van die Vyfsterrebeweging
| |
Ampstermyn 4 Oktober 2009 – 23 September 2017 | |
Voorafgegaan deur | Pos nuut geskep |
---|---|
Opgevolg deur | Luigi Di Maio |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 Julie 1948 Genua, Ligurië, Italië |
Politieke party | MoVimento 5 Stelle (M5S) |
Eggenoot/-note | Parvin Tadjik (∞ 1996) |
Kind(ers) | 6 |
Handtekening |
Giuseppe Piero "Beppe" Grillo ([ˈbɛppe ˈɡrillo]; * 21 Julie 1948 in Genua, Ligurië) is 'n Italiaanse komediant, akteur, blogskrywer en politieke aktivis. In 2009 het hy tot die politiek toegetree as medestigter (saam met Gianroberto Casaleggio) van die politieke beweging en party MoVimento 5 Stelle (kort M5S, «Vyfsterrebeweging»).[1] Die partynaam verwys na die beweging se vyf fokuspunte of "sterre" (water, omgewingsake, vervoer, internet en ontwikkeling), soos beskryf in die stigtingsprogram.