BFC Dynamo
Volledige naam | Berliner Fußballclub Dynamo e. V. |
Stigtingsdatum | 15 Januarie 1966 |
Tuisveld | Sportforum Hohenschönhausen, Berlyn |
Kapasiteit | 12 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Noord |
BFC Dynamo, ook bekend as Berliner FC Dynamo en Dynamo Berlyn is 'n sokkerklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1953 is die klub SpVgg Dynamo Berlyn gestig as opvolger van SG Volkspolizei Berlyn, wat in 1949 gestig is. Die klub se naam is later verander na SV Dynamo Berlyn. In 1954 is die klub herstig as SC Dynamo Berlyn en later dieselfde jaar is die spelers van SG Dynamo Dresden na Berlyn oorgeplaas en by die klub geïntegreer. Op 15 Januarie 1966 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Berliner FC Dynamo. In 1990 is die klubnaam verander na FC Berlyn, maar sedert 3 Mei 1999 staan die klub weer bekend as Berliner FC Dynamo.
BFC Berlyn was die mees suksesvolle klub uit die DDR-Oberliga met tien opeenvolgende Oos-Duitse kampioenskappe tussen 1979 en 1988.
Gemanupileerde sukses en die Koue Oorlog
[wysig | wysig bron]Die klub se belangrikste ondersteuner was Erich Mielke, hoof van die Oos-Duitse Stasi (die geheime polisie), en daar is van verskeie metodes gebruik gemaak om die uitslae van die span se wedstryde te bekook en sy dominansie van Oos-Duitse sokker te verseker.
Die tien titels wat die span agtereenvolgens gewen het was die direkte gevolg van partydige skeidsregters, onregverdige oorplasings van die beste spelers van ander spanne na BFC en ander onsportiewe metodes. Selfs lede van die regerende Politburo het hulleself nieamptelik uitgelaat teen die situasie. BFC was sonder twyfel die mees gehate span in Oos-Duitsland.
Een van Dynamo se spelers, Lutz Eigendorf, het in 1979 uit Oos-Duitsland na die Weste gevlug en aangesluit by 1. FC Kaiserslautern. Kort na sy oordrag na Eintracht Braunschweig in 1983 is hy dood aan beserings wat hy opgedoen het in 'n motorfietsongeluk. 'n Ondersoek deur joernaliste het later aan die lig gebring dat sy dood 'n sluipmoord deur die Stasi was. Hy kan dus as 'n slagoffer van die Koue Oorlog beskou word.
Duitse hereniging
[wysig | wysig bron]Na die Duitse hereniging het die span sy naam verander om van sy negatiewe beeld weg te kom, maar in 1999 het die lede ten gunste van die terugneem van die ou naam gestem. In die 2001/02-seisoen het die klub net-net 'n dreigende bankrotskap oorleef. Die klub ding tans in die Oberliga Noordoos-Noord mee en is berug vir 'n fascistiese element onder sy ondersteuners.
Erelys
[wysig | wysig bron]- Oos-Duitse kampioen
- FDGB-Pokal
- Europese beker II
- Halfeindstryd 1972
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Verwysings en toepaslike literatuur
[wysig | wysig bron]- Weinreich,Jens: http://www.berlinonline.de/berliner-zeitung/archiv/.bin/dump.fcgi/2005/0324/sport/0005/index.html Titel: Büttel an der Pfeife
- Leske, Hanns: http://www.tagesspiegel.de/sport/archiv/22.03.2006/2424496.asp Titel: Foul von höchster Stelle
- Gläser,Andreas: Der BFC ist schuld am Mauerbau! - Aufbau Taschenbuch Verlag, 2002 ISBN 3-7466-1861-4
- Leske,Hanns: Erich Mielke, die Stasi und das runde Leder: Der Einfluß der SED und des Ministeriums für Staatssicherheit auf den Fußballsport in der DDR - Die Werkstatt, 2004 ISBN 3-89533-448-0
- Luther, Jörn; BFC Dynamo – Der Meisterclub - Das Neue Berlin, 2003 ISBN 3-360-01227-5
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met BFC Dynamo. |
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen | |
Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | |