27 Februarie
Voorkoms
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | |||
Al die dae |
27 Februarie is die 58ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 307 dae in die res van die jaar (308 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 380 – Edik De fide Catholica van keiser Theodosius I wat die Roomse geloof die staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk maak.
- 1287 – Karel van Salerno onderteken 'n kontrak waarin hy afstand doen van die koninkryk van Sisilië. Pous Honorius IV erken nie die kontrak nie.
- 1594 – Die Koning van Navarre word gekroon as Koning Henri IV van Frankryk by die Katedraal van Chartres naby Parys, wat die Bourbon-dinastie begin.
- 1617 – Swede teken die Verdrag van Stolbovo om die Ingrianoorlog met Rusland te beëindig en slaag in aansienlike gebiedsuitbreiding.
- 1639 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) se komiese opera Chi soffre speri het sy premiêre in Rome.
- 1782 – Pous Pius VI vertrek na Wene om te onderhandel met keiser Joseph II.
- 1801 – Washington, D.C. word onder die jurisdiksie van die Kongres van die VSA geplaas.
- 1871 – Tydens 'n wolkbreuk hoop die water op by Patrysfontein en 'n vloedgolf so hoog soos 'n huis tref Victoria-Wes (Kaapkolonie), om 21h00. Meer as 100 mense verdrink en 34 huise word verwoes.
- 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Majuba vind plaas.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Paardeberg eindig in ’n Britse oorwinning tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1933 – Die Reichstag-gebou word, in ’n sleutelgebeurtenis in die vestiging van die Naziregering in Duitsland, aan die brand gesteek.
- 1964 – Die Italiaanse Regering vra vir hulp om die Skewe Toring van Pisa se omtuimeling te verhoed.
- 1971 – Die olietenkskip SS Wafra loop op die rotse van die Northumberlandrif naby Agulhas en veroorsaak massiewe oliebesoedeling.
- 1971 – Dokters by die Nederlandse aborsiekliniek (die Mildredhuis in Arnhem) voer die eerste kunsmatig-geïnduseerde aborsies uit.
- 1976 – Die Polisariofront van Wes-Sahara verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laayoune as hoofstad.
- 1991 – Golfoorlog: V.S. President George H.W. Bush kondig aan dat "Koeweit bevry is".
- 2002 – Ryanair vlug 296 slaan aan die brand op Londen se Stansted-lughawe. Ondersoeke hierna kritiseer Ryanair se hantering van die ontruiming dié dag.
- 2002 – Godhra-treinbrand: 'n Moslembende steek 'n trein aan die brand wat van Ayodhya terugkeer, 59 Hindoepelgrims sterf.
- 2004 – Die bombardering van Superferry deur Abu Sayyaf in die Filippyne se ergste terroriste-aanval laat 116 dood.
- 2004 – Shoko Asahara, die leier van die ekstreme Japannese sekte Aum Shinrikyo, word ter dood veroordeel vir die senugasaanval op die Tokio-moltrein in 1995.
- 2015 – Sluipmoord op Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus, naby die Rooiplein in Moskou.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 272 – Keiser Konstantyn die Grote († 337).
- 1748 – Anders Sparrman, Sweedse natuurkundige, medikus en aktivis († 1820).
- 1807 – Henry Wadsworth Longfellow, Amerikaanse digter († 1882).
- 1847 – Ellen Terry, Engelse aktrise († 1928).
- 1861 – Rudolf Steiner, antroposoof († 1925).
- 1892 – William Demarest, Amerikaanse akteur († 1983).
- 1902 – C.M. van den Heever, Afrikaanse skrywer en digter († 1957).
- 1902 – John Steinbeck, Amerikaanse joernalis en skrywer, Nobelprys-wenner († 1968).
- 1903 – Reginald Gardiner, Engels-Amerikaanse akteur and sanger († 1980).
- 1912 – Lawrence Durrell, Indies-Frannse outeur, digter en dramaturg († 1990).
- 1913 – Paul Ricœur, Franse filosoof en akademikus († 2005).
- 1923 – Dexter Gordon, Amerikaanse jazzmusikant († 1990).
- 1930 – Joanne Woodward, Amerikaanse aktrise.
- 1932 – Elizabeth Taylor, Brits-Amerikaanse aktrise († 2011).
- 1940 – Howard Hesseman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 1942 – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting († 1967).
- 1944 – Graeme Pollock, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1953 – Ian Khama, Botswana-politikus en vierde president van Botswana (2008–2018).
- 1957 – Timothy Spall, Engelse akteur.
- 1958 – Naas Botha, Suid-Afrika se veertigste Springbokkaptein.
- 1962 – Adam Baldwin, Amerikaanse akteur.
- 1962 – Grant Show, Amerikaanse akteur.
- 1965 – Noah Emmerich, Amerikaanse akteur.
- 1966 – Donal Logue, Kanadese akteur en regisseur.
- 1967 – Jonathan Ive, Britse ontwerper van verskeie Apple elektroniese gebruiksprodukte.
- 1983 – Kate Mara, Amerikaanse aktrise.
- 1994 – Hou Yifan, Chinese skaakspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 364 – Keiser Jovianus (* 331).
- 1425 – Wasili I van Moskou, Grootprins van die Rjoerik-dinastie (* 1371).
- 1879 – Groothertog Wjatsjeslaf Konstantinowitsj van Rusland, jongste seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj (* 1862).
- 1881 – Sir George Pomeroy Colley, Britse soldaat en Goewerneur van Natal; tydens die Slag van Majuba (* 1835).
- 1902 – Harry "Breaker" Morant, Australiese luitenant, tereggestel in Pretoria weens verskeie moorde (* 1864).
- 1906 – Samuel Langley, Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier (* 1834).
- 1979 – Salty du Rand, Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein (* 1926).
- 1980 – George Tobias, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 1985 – J. Pat O'Malley, Engels-Amerikaanse akteur en sanger (* 1904).
- 1987 – Joan Greenwood, Engels aktrise (* 1921).
- 1989 – Konrad Lorenz, Oostenrykse dierkundige en voëlkenner, Nobelpryswenner (* 1903).
- 1993 – Lillian Gish, Amerikaanse aktrise (* 1893).
- 1998 – George H. Hitchings, Amerikaanse farmakoloog en akademikus, Nobelpryswenner (* 1905).
- 1998 – J. T. Walsh, Amerikaanse akteur (* 1943).
- 2003 – Fred Rogers, Amerikaanse akteur en TV-aanbieder(* 1928).
- 2009 – John Alvin, Amerikaanse akteur (* 1917).
- 2015 – Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus (* 1959).
- 2015 – Richard Bakalyan, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 2015 – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, digter, musikant en fotograaf (* 1931).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 February. |
- Onafhanklikheidsdag in die Dominikaanse Republiek (1844)
- Nasionale Melktertdag