Gaan na inhoud

1920's

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die 1920's (uitgespreek "negentien-twintigs" dikwels verkort na die "'20s" of die "twintigerjare") was 'n dekade wat begin het op 1 Januarie 1920, en geëindig het op 31 Desember 1929.

In Amerika word die dekade gereeld na verwys as die "Roaring Twenties" of die "Jazz Age", terwyl daar in Europa soms na die dekade verwys word as die "Golden Twenties"[1] as gevolg van die ekonomiese opbloei na die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918). Franssprekendes verwys na die dekade as die "Années folles" ('mal jare'),[2] om die tydperk se sosiale, artistieke en kulturele dinamika te beklemtoon.

Die verwoestende Wall Street Beursineenstorting in Oktober 1929 word algemeen beskou as 'n voorbode van die einde van die 1920's voorspoed in Noord-Amerika en Europa, en die begin van die Groot Depressie. In die Sowjetunie is die Nuwe Ekonomiese Beleid in 1921 deur die Bolsjewiste geskep, om in 1928 deur die eerste vyfjaarplan vervang te word. Die 1920's het die opkoms van radikale politieke bewegings gesien, met die Rooi Leër wat seëvier teen Wit beweging magte in die Russiese Burgeroorlog, en die opkoms van ver- regs politieke bewegings in Europa.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Paul Sann, The Lawless Decade Retrieved 2009-09-03
  2. Andrew Lamb (2000). 150 Years of Popular Musical Theatre. Yale U.P. p. 195. ISBN 0300075383.