Gaan na inhoud

Inligtingsoorlogvoering: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Begin 'n nuwe artikel, nog besigǃ
(Geen verskil)

Wysiging soos op 20:09, 9 Desember 2024

Inligtingsoorlogvoering (IO) is die gevegsruimtegebruik en bestuur van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in die strewe na 'n mededingende voordeel oor 'n teenstander. Dit is anders as kuberoorlogvoering wat rekenaars, sagteware en bevelbeheerstelsels aanval. Inligtingsoorlogvoering is die manipulasie van inligting wat deur 'n teiken vertrou word sonder die teiken se bewustheid sodat die teiken besluite teen hul belang sal neem, maar in die belang van die een wat inligtingsoorlogvoering voer.[1][2] Gevolglik is dit nie duidelik wanneer inligtingsoorlogvoering begin, eindig en hoe sterk of vernietigend dit is nie.[3]

Inligtingsoorlogvoering kan die insameling van taktiese inligting, versekering(e) dat 'n mens se inligting geldig is, verspreiding van propaganda of disinformasie behels om die vyand en die publiek te demoraliseer of te manipuleer[4], die ondermyning van die kwaliteit van die opponerende mag se inligting, en ontkenning van inligting-insamelingsgeleenthede vir opponerende magte. Inligtingsoorlogvoering is nou gekoppel aan sielkundige oorlogvoering.[5]

Die Amerikaanse Gewapende Magte se gebruik van die term beklemtoon tegnologie en is dus geneig om uit te brei na die gebiede van elektroniese oorlogvoering, kuberoorlogvoering, inligtingsversekering en rekenaarnetwerkbedrywighede beide aanval en verdediging. Ander weermagte gebruik die veel breër term inligtingsoperasies wat, alhoewel hulle van tegnologie gebruik maak, fokus op die meer mensverwante aspekte van inligtingsgebruik, insluitend (onder baie ander) sosiale-netwerk-analise, besluitontleding en die menslike aspekte van bevel en beheer.

Oorsig

Inligtingsoorlogvoering is beskryf as "die gebruik van inligting om ons nasionale doelwitte te bereik."[6] Volgens NAVO is "Inligtingsoorlog 'n operasie wat uitgevoer word om 'n inligtingsvoordeel bo die teenstander te verkry."[7]

Inligtingsoorlogvoering kan baie vorme aanneem:

  • Televisie-, internet- en radio-uitsending(s) kan vasgevang word om kommunikasie te ontwrig, of gekaap word vir 'n disinformasieveldtog.
  • Logistieke netwerke kan gedeaktiveer word.
  • Vyand se kommunikasienetwerke kan gedeaktiveer of bedrieg word, veral aanlyn sosiale gemeenskappe in hedendaagse dae.
  • Aandelebeurstransaksies kan gesaboteer word, hetsy met elektroniese ingryping, deur sensitiewe inligting uit te lek of deur disinformasie te plaas.
  • Die gebruik van hommeltuie en ander toesigrobotte of webkameras.
  • Kommunikasiebestuur
  • Sintetiese media
  • Die georganiseerde gebruik van sosiale media en ander aanlyn-inhoudgenerering platforms kan gebruik word om publieke persepsies te beïnvloed.[8]

Verwysings

  1. Glenn. Jerome C. Global Challenge 10, State of the Future 19.1, The Millennium Project, Washington, DC 2018
  2. Brian C, Lewis. "Information Warfare". irp.fas.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2022. Besoek op 24 Oktober 2022.
  3. Glenn. Jerome. Chapter 9 Defense, Future Mind, Acropolis Books, Washington, DC 1989
  4. "Information Warfare: What and How?". www.cs.cmu.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 20 Oktober 2019.
  5. Hung, Tzu-Chieh; Hung, Tzu-Wei (19 Julie 2022). "How China's Cognitive Warfare Works: A Frontline Perspective of Taiwan's Anti-Disinformation Wars". Journal of Global Security Studies. 7 (4): ogac016. doi:10.1093/jogss/ogac016. ISSN 2057-3170. (DOI Free Access added 31 Mei 2024)
  6. Stein, George J. "Information warfare". Air University (U.S.). Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2018. Besoek op 26 Maart 2022.
  7. "Information warfare" (PDF). NATO. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2021. Besoek op 26 Maart 2022.
  8. Haq, Ehsan-Ul; Tyson, Gareth; Braud, Tristan; Hui, Pan (28 Junie 2022). "Weaponising Social Media for Information Divide and Warfare". Proceedings of the 33rd ACM Conference on Hypertext and Social Media. HT '22. New York, NY, USA: Association for Computing Machinery. pp. 259–262. doi:10.1145/3511095.3536372. ISBN 978-1-4503-9233-4. S2CID 249872702. (PDF format)