Alzheimersiekte: Verskil tussen weergawes
No edit summary |
k robot interwiki standardization |
||
Lyn 41: | Lyn 41: | ||
[[de:Alzheimersche Krankheit]] |
[[de:Alzheimersche Krankheit]] |
||
[[en:Alzheimer's disease]] |
[[en:Alzheimer's disease]] |
||
⚫ | |||
[[eo:Alchajmero]] |
[[eo:Alchajmero]] |
||
⚫ | |||
[[fa:آلزایمر]] |
[[fa:آلزایمر]] |
||
⚫ | |||
[[fr:Maladie d'Alzheimer]] |
[[fr:Maladie d'Alzheimer]] |
||
[[gl:Alzheimer]] |
[[gl:Alzheimer]] |
||
⚫ | |||
⚫ | |||
[[id:Alzheimer]] |
[[id:Alzheimer]] |
||
[[it:Morbo di Alzheimer]] |
[[it:Morbo di Alzheimer]] |
||
⚫ | |||
⚫ | |||
⚫ | |||
[[ms:Alzheimer]] |
[[ms:Alzheimer]] |
||
[[nl:Ziekte van Alzheimer]] |
[[nl:Ziekte van Alzheimer]] |
||
⚫ | |||
[[no:Alzheimers sykdom]] |
[[no:Alzheimers sykdom]] |
||
[[pl:Choroba Alzheimera]] |
[[pl:Choroba Alzheimera]] |
||
Lyn 58: | Lyn 59: | ||
[[ru:Болезнь Альцгеймера]] |
[[ru:Болезнь Альцгеймера]] |
||
[[simple:Alzheimer's disease]] |
[[simple:Alzheimer's disease]] |
||
⚫ | |||
[[sv:Alzheimers sjukdom]] |
[[sv:Alzheimers sjukdom]] |
||
[[tr:Alzheimer]] |
[[tr:Alzheimer]] |
Wysiging soos op 09:31, 4 September 2006
Alzheimer se Siekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens.
Dit mag in die vroeë stadia moeilik wees om te onderskei van kognitiewe agteruitgang in die normale brein verwant aan veroudering. Die deurlopende agteruitgang in geheue, vloei van spraak en ruimtelike oriëntasie lei egter tot toenemende inkorting in onafhanklikheid en uitvoerende vermoëns. In die vroeëre stadia mag depressie en angstigheid ook die beeld kompliseer, maar dit verminder soos toenemende verlies aan insig volg.
In die middel stadia van die siekte raak selfsorg toenemend 'n probleem en toesig is toenemend nodig om ook veiligheid te verseker. In die laat stadia is deurlopende verpleegsorg in 'n sorgeenheid gewoonlik aangedui.
- Stadia van Alzheimer se Siekte:
- 1 - Geen duidelike simptome.
- 2 - Subjektiewe vergeetagtigheid; normale ondersoek.
- 3 - Probleme by werk; sukkel met spraak; verdwaal wanneer in onbekende plekke; familie raak bewus van probleem; subtiele agteruitgang met ondersoek.
- 4 - Inkorting in vermoë om te reis, tel, onlangse gebeurtenisse te onthou.
- 5 - Het hulp nodig om klere uit te soek; disoriëntasie t.o.v. tyd of plek; sukkel om name van bv. kleinkinders te onthou.
- 6 - Het supervisie nodig t.o.v eet en persoonlike higiëne; mag inkontinent raak; disoriëntasie t.o.v. tyd, plek en moontlik persoon.
- 7 - Uitgesproke verlies aan spraakvermoë; inkontinensie; motoriese styfheid.
Patologiese Veranderinge:
- Kortikale atrofie
- Sinaptiese en neuronale verlies
- Amiloïed angiopatie
- Neuritiese plake met amiloïed kerne
- Neurofibrillêre knope
- Akute fase reagense en lokale inflammatoriese reaksie
Etiologie: Dit blyk dat Alzheimer se Siekte 'n heterogene siekte is met bydraes van genetiese en verworwe faktore. Die volgende mag 'n rol speel:
- Ouderdom
- ApoE4
- Familiegeskiedenis
- Hoofbesering
- Lae vlak van opvoeding
- Sistoliese hipertensie
- Down se Sindroom
Bronne: 1. Gauthier S. Alzheimer's Disease in Primary Care, 2nd Ed. Martin Dunitz Ltd. London, 1999.