Wildehawergras
Die wildehawergras[1] (Monocymbium ceresiiforme (Nees) Stapf) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika is en wat volop in die berggrasland van die Drakensberge en die hoëveld voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit kom ook buite Suid-Afrika voor.[2]
Wildehawergras | |
---|---|
bloeiwyse | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Subfamilie: | Panicoideae |
Genus: | Monocymbium |
Spesie: | M. ceresiiforme
|
Binomiale naam | |
Monocymbium ceresiiforme (Nees) Stapf
| |
Sinonieme | |
|
Verspreiding
wysigDie gras is inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Lesotho, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Zambië en Zimbabwe.[3]
Beskrywing
wysigDie plant kan 30-50 cm hoog word. Die grasspriete is gewoonlik nie langer as 15 cm nie en eindig in 'n skerp puntjie. As hulle ouer word kleur hulle rooi. Die skutblare het die vorm van 'n bootjie en is rooibruin.[4]
Verwysings
wysig- ↑ ook: bootjiegras
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:408875-1
- ↑ Swaziland Flora Database.