QV68
QV68 is die grafkelder van Meritamen, die dogter en groot vrou van farao Ramses II, in Egipte se Vallei van die Koninginne. Dit is deur Champollion en Lepsius genoem en later uitgegrawe deur Ernesto Schiaparelli, direkteur van die Egiptiese Museum in Turyn. Lepsius het dit ook kortliks beskryf.[1]
QV68 | ||
Die grafkelder van Meritamen | ||
'n Skildery van Meritamen. | ||
Ligging | Vallei van die Koninginne | |
Land | Egipte | |
Uitgrawings deur | Ernesto Schiaparelli | |
Uitleg | 'n Saal, 'n kantkamer en 'n grafkamer. | |
← Vorige QV67 Volgende →
QV69 |
Uitleg
wysigDie hoofsaal bevat baie skilderye met gode. Meritamen verskyn voor Neith, Thoth, Ra-Harachti en Hathor. Meritamen word ook gewys saam met Osiris en Hathor.[2] Die inskripsies beskryf die koningin as Die Osiris, Koningsdogter, Groot Koningsvrou, Dame van Albei Lande, Meritamen, mag sy lewe.[3]
In ander tonele word gewys hoe sy ná haar dood offerande aan Chnoem bring, en twee vase na Ptah.[2]
Meritamen is in 'n rooi granietsarkofaag begrawe. Dit is nou in die Berlynse Museum (15274).[2]
Verwysings
wysig- ↑ Denkmaeler aus Aegypten und Aethiopien nach den Zeichnungen der von Seiner Majestät dem Koenige von Preussen, Friedrich Wilhelm IV., nach diesen Ländern gesendeten, und in den Jahren 1842–1845 ausgeführten wissenschaftlichen Expedition auf Befehl Seiner Majestät. 13 vols. Berlin: Nicolaische Buchhandlung. (Reprinted Genève: Éditions de Belles-Lettres, 1972)
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Porter, Bertha en Moss, Rosalind, Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Statues, Reliefs and Paintings Volume I: The Theban Necropolis, Part 2. Royal Tombs and Smaller Cemeteries, Griffith Institute. 1964, pp. 766–767
- ↑ Kitchen, K.A., Ramesside Inscriptions, Translated & Annotated, Translations, Volume II, Blackwell Publishers, 1996
Skakels
wysig- Theban Mapping Project – Plan van die grafkelder en ander besonderhede.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.