Potez 630
Die Potez 630 is 'n reeks vliegtuie wat deur Frankryk ontwikkel is en diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daar was vegters en bomwerpers. Die vliegtuig het sy nooiensvlug afgelê op 25 April 1936. Die Potez 630 is 'n driesitplek, tweemotorige vliegtuig. Dit was 'n moderne vliegtuig vir sy tyd met terugtrekbare wiele. Die eerste 80 modelle was almal verbied om te vlieg as gevolg van motorfalings met katastrofiese gevolge. Die Potez 630 is later afgradeer vir sekondêre diens.
Potez 630 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | SNCAN |
Ontwerp deur | Louis Coroller and André Delaruelle |
Nooiensvlug | 25 April 1936 |
Bekendstelling | Oktober 1938 |
Status | Onttrek |
Aantal gebou | 1,395 |
Die Potez 631 was toegerus met Gnome-Rhône motors en was 'n groot sukses. Daar was 200 eenhede gebou van die vliegtuig wat aan die Franse Lugmag en Franse Vloot verskaf was. Gedurende die Slag om Frankryk het Potez 631's, gebruik as dag-en-nagvegters, daarin geslaag om 29 Duitse vliegtuie af te skiet. Na die oorgawe van Frankryk was die vliegtuie gebruik deur Vichy-Frankryk maar was later oorgeneem deur Roemenië.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Hispano-Suiza 14AB 14-silinder, 2 ry stermotors |
Kraglewering per motor | 725 perdekrag |
Vlerkspan | 16,2 m |
Lengte | 11,07 m |
Hoogte | 3,04 m |
Vlerkoppervlakte | 32,7 m2 |
Maks. opstygmassa | 3 760 kg |
Maks. snelheid | 442 km/h |
Operasionele hoogte | 10 000 m |
Togafstand | 1 200 km |
Klimvermoë | 4 000 m in 5 minute en 56 sekondes |
Bewapening | Twee 20 mm kanonne wat vorentoe kyk, een 7,5 mm masjiengeweer agter in kajuit en vier 7,5 mm masjiengewere onder die vlerke. |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9