Niue (Niuies: Niuē) is 'n eilandstaat in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Dit is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 24 lande erken.

Niue
Niue (Engels)
Niuē (Niuies)
Vlag van Niue Seël van Niue
Vlag Seël
Volkslied: Ko e Iki he Lagi
(Niuies vir: "Die Heer in die Hemel")
Ligging van Niue
Hoofstad Alofi

19°3′S 169°52′W / 19.050°S 169.867°W / -19.050; -169.867

Grootste stad Alofi
Amptelike tale Engels en Niuies
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste Minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Dame Cindy Kiro
Dalton Tagelagi
Onafhanklikheid
Geassosieerde staat
• Selfregering
in vrye assosiasie
met Nieu-Seeland
VN-erkenning
van onafhanklikheid in
buitelandse betrekkinge

Koninkryk van Nieu-Seeland


19 Oktober 1974


1994[1][2]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
261,46 km2  
100,95 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
1 937[3][4] (231ste)
1 784[5]
6,71 / km2
17,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2003-skatting

$10 miljoen[6] (228ste)
$5 800[7] (164ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

NZ$43 536 miljoen[8]

Geldeenheid Nieu-Seelandse dollar (NZD)
Tydsone
 - Somertyd
NUT (UTC-11)
nie toegepas nie (UTC-11)
Internet-TLD .nu
Skakelkode +683
Nasa-Satellietbeeld van Niue

Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 261,46 vierkante kilometer en het 'n bevolking van 1 937 in 2021 gehad, meestal Polinesiërs. Niue is in die weste van die Cookeilande, in die suide van Amerikaans-Samoa en in die ooste van Tonga geleë. Die hoofstad en grootste stad is Alofi.

Geografie

wysig
 
Kaart van Niue
 
Onderafdelings van Niue
No. Dorp Bevolking
(Sensus
2001)
Oppervlakte[9]
km²
Bevolkingsdigtheid
Bevolking/km²
Motu (historiese stamgebied in die noorde)
1 Makefu 87 17,13 5,1
2 Tuapa 129 12,54 10,3
3 Namukulu 14 1,48 9,5
4 Hikutavake 65 10,17 6,4
5 Toi 31 4,77 6,5
6 Mutalau 133 26,31 5,1
7 Lakepa 88 21,58 4,1
8 Liku 73 41,64 1,8
Tafiti (historiese stamgebied in die suide)
9 Hakupu 227 48,04 4,7
10 Vaiea 62 5,40 11,5
11 Avatele 150 13,99 8,9
12 Tamakautoga 140 11,93 11,7
13 Suid-Alofi 358 46,48 13,2
14 Noord-Alofi 256
Niue 1 788 261,46 6,8

Politiek

wysig

Internasionale erkenning

wysig
 
Buitelandse betrekkinge van Niue:

   Niue

   Lande wat diplomatieke betrekkinge met Niue handhaaf

Oseanië (8 lande)


Europa (4 lande)


Asië (8 lande)


Amerikas (4 lande)

Sport

wysig
 
Niue se nasionale sewesrugbyspan voer die Takalo op, 2006

Die sokkerbeheerliggaam Niue Island Soccer Association is nie 'n lid van die wêreldbeheeliggaam FIFA nie en slegs 'n geassosieerde lid van die kontinentale beheerliggaam OFC. Vervolgens kan die land nóg vir die Sokker-Wêreldbeker nóg vir Oseanië-sokkerkampioenskappe kwalifiseer. Tot dusver het 'n nasionale sokkerspan net in twee wedstryde tydens die Suid-Pasifiese spele 1983 verskyn. Hulle het beide wedstryde verloor, teen Papoea-Nieu-Guinee (met 0–19) en Tahiti (met 0–14).

Rugby is die gewildste sportsoort op Niue[10] en hulle beskik oor 'n taamlik suksesvolle nasionale rugbyspan wat aan die kwalifikasie vir die Rugbywêreldbeker 2007 deelgeneem het. Tydens die kwalifikasie het hulle op 23 Julie 2005 'n oorwinning oor Tahiti (met 55–8) aangeteken, maar hulle is twee weke later deur die Cookeilande verslaan (met 5–24), waardeur hulle die toernooi misgeloop het.

In Sewesrugby het Niue tydens die Wêreldrugby-sewesreeks ook suksesse aangeteken. Veral twee oorwinnings teen die hoër geplaaste Japan tydens die Wellington Sewes 2003 het opskudding veroorsaak.

Kaart

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "The World today" (PDF). Verenigde Nasies. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  2. (en) "Repertory of Practice" (PDF). Organs Supplement. UN (8): 10.
  3. (en) "World Population Prospects 2022". United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 21 September 2022.
  4. (en) "World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100" (XSLX) (Total Population, as of 1 July (thousands)). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 21 September 2022.
  5. (en) "Niue Household and Population Census 2017" (PDF). Niue se Statistiekkantoor. Besoek op 5 Mei 2020.
  6. (en) "The World Factbook — Central Intelligence Agency". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 15 Junie 2020.
  7. (en) "The World Factbook — Central Intelligence Agency". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 15 Junie 2020.
  8. (en) "Niue National Accounts estimates". Niue se Statistiekkantoor. Besoek op 5 Mei 2020.
  9. (en) The Total Land Area of Niue
  10. (en) South Pacific and Micronesia. Lonely Planet. 2006. p. 53. ISBN 1-74104-304-2.

Bronnelys

wysig
Algemeen

Eksterne skakels

wysig


  Koninkryk van Nieu-Seeland (Realm of New Zealand)  
CookeilandeNieu-SeelandNiueRoss-AfhanklikheidTokelau