Maclear
Maclear is 'n dorpie in die Noordoos-Kaap aan die voet van die Drakensberg, sowat 172 km noordoos van Oos-Londen (258 km per pad) en 66 km noordoos van Elliot. Die dorp se naam is op 23 Februarie 2021 verander na Nqanqarhu.
Maclear Nqanqarhu | |
---|---|
Maclear Poskantoor | |
Koördinate: 31°4′12″S 28°21′0″O / 31.07000°S 28.35000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Elundini |
Stigting | 1876 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,2 km2 (3,6 vk. myl) |
Hoogte | 1 272 m (4 173 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 10 521 |
• Digtheid | 1 144/km2 (2 960/vk. myl) |
[1] | |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 4.3% |
• Swart mense | 93.1% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 88.3% |
• Afrikaans | 5.1% |
• Engels | 2.7% |
• Sotho | 2.1% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 5480 |
Poskode (posbusse) | 5480 |
Skakelkode | 045 |
Die dorpie is in 1876 gestig en genoem na Haar Majesteit se astronoom aan die Kaap, sir Thomas Maclear.[2] Dit verkry munisipale status in 1916 nadat dit aanvanklik vinnig ontwikkel het uit die militêre pos wat hier gestig is.[2]
Maclear is geleë in 'n pragtige groen omgewing en is 'n welbekende plek vir forelhengel.[2] Die Tsitsawaterval is naby die dorp geleë.
Maclear beskik oor 'n goeie provinsiale hospitaal.[3]
NG gemeente
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: NG gemeente Maclear.
Maclear was eers 'n buitewyk van die gemeente Ugie en reeds in 1905 is met groot opoffering, omdat die mense hier toe nog baie arm was, 'n kerkgeboutjie opgerig. In 1916 verkry die dorp munisipale status en die gemeente stig van Ugie af met 'n lidmaattal van sowat 400. Die eerste leraar wat die beroep hierheen teen 'n salaris van £250 aangeneem het, was prop. W.R. de Villiers. Hy is slegs 22 maande na hy die beroep aanvaar het, oorlede. Hy is opgevolg deur ds. J.P. Kriel.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Sonwabile en Maclear tydens die 2011-sensus.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Raper, P.E. (1987). "Dictionary Of Southern African Place Names". Johannesburg: Lowry Publishers. p. 288.
- ↑ (en) Oos-Kaapse Departement van Gesondheid Geargiveer 21 Oktober 2013 op Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maclear.
- Maclear se amptelike webtuiste