Jenő Jandó
Jenő Jandó (Hongaarsː ˈjɒndo) (1 Februarie 1952 – 4 Julie 2023) was 'n Hongaarse pianis en professor aan die Franz Liszt Musiekakademie in Boedapest, Hongarye.
Jenő Jandó | |
---|---|
Gebore | Pécs, Hongaarse Volksrepubliek | 1 Februarie 1952
Sterf | 4 Julie 2023 (op 71) Boedapest, Hongarye |
Genres | Barokmusiek, Klassiek, Romantiese musiek, |
Beroep(e) | pianis |
Instrumente | Klavier |
Etikette | Naxos |
Agtergrond en opvoeding
wysigJandó het klavier aan die Liszt Akademie onder Katalin Nemes en Pál Kadosa studeer en voortgegaan om verskeie groot internasionale klavierkompetisies te wen, insluitende die Georges Cziffra- en Ciani Klavierkompetisies. Sy professionele loopbaan het posgevat toe hy op 18 derde plek behaal het tydens die Beethoven Klavierkompetisie. Hy was ook die wenner van die 1973 Hongaarse Klavier Concours, en het eerste plek behaal in die kamermusiek-kategorie tydens die Sydney Internasionale Klavierkompetisie in 1977.
Loopbaan as solis en begeleidende pianis
wysigJandó was hoog gereken as beide 'n solis en begeleidende kunstenaar, soos blyk uit sy opnames, wat bestaan uit onder andere 'n volledige opname van Beethoven se klaviersonates, Franz Schubert se Forelkwintet en Beethoven se klaviertrios Nos. 5-6 Op. 70 en die klaviertrio No. 7.
As begeleidende pianis het Jandó saam met Takako Nishizaki vir Naxos opnames gemaak van die Beethoven-vioolsonates, Franck-vioolsonate, Grieg-vioolsonate, die volledige Schubert-sonates en die Mozart-sonates. Baie van die opnames word hoog geag deur die Penguin-gids vir opgeneemde klassieke musiek. Sy styl van begeleiding is ook opmerklik in Zoltán Kodály se Tjellosonate (Op. 4), sowel as in die meer onlangse opname van Ernő Dohnányi se tjellosonates saam met Maria Kliegel.
Hy was bekend daarvoor dat hy gesing of geneurie het terwyl hy speel; ten einde dit te verhoed het hy die gewoonte aangeleer om 'n onaangesteekte sigaret in sy mond te plaas![1]
Opnames
wysigJandó het meer as sestig albums opgeneem, insluitende musiek deur Bach, Beethoven, Liszt, Schumann, Schubert, Brahms, Haydn, Bartók , Chopin en vele ander.
Afsterwe
wysigJandó is op 4 Julie 2023 op 71-jarige leeftyd oorlede.[2]
Pryse
wysigHy het die Franz Liszt-prys en die Ridderkruis van die Hongaarse Orde van Verdienstelikheid ontvang.
Verwysings
wysig- ↑ "Jeno Jando- Bio, Albums, Pictures – Naxos Classical Music". Besoek op 30 Junie 2016.
- ↑ "Meghalt Jandó Jenő Kossuth-díjas zongoraművész". 24.hu. 4 Julie 2023. Besoek op 4 Julie 2023.