Hendrik Gerhardus Stoker
Hendrik Gerhardus Stoker (1899–1993) was 'n Calvinistiese filosoof. Hy is bekend daarvoor dat hy 'n eie wysgerige stelsel Wysbegeerte van die Skeppingsidee (1933)[1] daargestel het. Johan Heyns het in "Denkers deur die eeue" Stoker as die grootste filosoof beskou wat Afrika opgelewer het.[2]
Hendrik Gerhardus Stoker | |
Christelike Filosoof
| |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | 4 April 1899 Johannesburg, Suid-Afrika |
Sterf | 16 Mei 1993 (op 94) Potchefstroom |
Eggenoot/-note | Miriam Francoise Stoker (néé Du Plessis) |
Alma mater | PU vir CHO |
Religie | Gereformeerd |
Biografie
wysigVroeër dae
wysigStoker is op 4 April 1899 in Johannesburg gebore. Al is sy ouers, Pieter Stoker (bebore op 5 Februarie 1865 te Assen)[3] en Geertje (Leentje) Nienhuis (gebore op 24 Februarie 1873 te Bedum)[4] immigrante uit Nederland, hulle het mekaar in Johannesburg ontmoet. Ses maande nadat Stoker gebore is, breek die Tweede Vryheidsoorlog uit en sy vader het as 'n Nederlandse vrywilliger by die Boerekommando’s aangesluit. Gedurende die oorlog het albei ouers die lyding van vroue end kinders in die konsentrasiekampe gesien. As gevolg daarvan neem die Stoker-gesin 'n anti-Britse gesinheid.[5]
Stoker se ouers wil nie hê dat hy na 'n Engelse skool moet gaan nie, dus is hy vir sy skoolopleiding by die Deutsche Schule ingeskryf. Die Eerste Wêreldoorlog veroorsaak moeilikhede vir die Deutsche Schule en Stoker se ouers is verplig om hom in te skryf by die Potchefstroom Gimnasium, waar hy in 1916 in die eerste klas matrikuleer het. Toe hy 'n student by die Ginmasium was, het hy algemene (oop) kolleges van (onder andere) Jacob Daniël du Toit (Totius) bygewoon. Totius, die hoogleraar aan die Theologiese Skool van die Gereformeerde Kerk, was ook bekend as 'n digter en ook as een van die leiers van die Tweede Taalbeweging.[6] Totius se voordragte oor die Bybelboek Jesaja oortuig hom finaal van die waarde van die Christelike lewenshouding.[7]
Familie
wysigOp 28 September 1925 is Stoker en Miriam Francoise du Plessis deur Totius by die Gereformeerde Kerk, Pretoria in die eg verbind. Du Plessis is in Kaapstad op 30 April 1902 gebore en sterf op 8 Maart 1994, ongeveer een jaar na haar man. Vier kinders is uit die huwelik gebore: Pieter, die oudste, word by PU vir CHO professor van fisika en David, die tweede, word by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) vise-president. [8]
Kritiek
wysigDie vraag kan wel gevra word waarom Stoker relatief onbekend is. Die volgende moontlike redes word voorgehou deur Van der Walt:[9]
- Dat Stoker hoofsaaklik in Afrikaans geskryf het
- Dat hy uiters omslagtig geskryf het
- Dat hy 'n Teologiese-filosofie bedryf het
- Sy ondersteuning van die Apartheidsbeleid van die regering.
Dit is die laaste van die bogenoemde kritiekpunte waarvoor Stoker vandag verkwalik word. Van Wyk het in 1994 'n hele artikel geskryf waarin hy Stoker kritiseer omdat hy die volk as 'n primêre samelewingsverband beskou [10] en die volk gevolglik belangriker beskou as die koninkryk van God. In 'n meer onlangse boek van Milton Shain word Stoker ook daarvan verdink dat daar Anti-semitistiese invloede by hom teenwoordig was. Shain meen dat Stoker dit nie openlik sou erken nie, maar dat hy wel 'n vorm van Jodehaat by hom opmerk.[11] Stoker het wel nie daarvoor ingestem dat Jode volledige burgerregte moet kry nie, maar merk telkens op dat Jodehaat afgewys behoort te word.[12]
Skolastiese invloede
wysigDit is veral B.J. Van der Walt wat Stoker kritiseer dat hy nie daarin geslaag het om van die skolastiese invloed van Herman Bavink los te kom nie. Bavink word deur Van der Walt beskou as 'n skolastiese denker en aanvanklik het Stoker beplan om onder Bavink te studeer.[9] Van der Walt meen ook dat Stoker nie daarin geslaag het om Christelike Filosofie daar te stel nie, omdat die Filosofie nog volgens Stoker afhanklik was van die Teologie.[13]
Apartheid
wysigStoker het in die artikel "At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South-Africa"[14] die Apartheidsbeleid van die regering probeer verduidelik aan 'n buitelandse gehoor. Hierdie is een van die min Engelse artikels wat hy geskryf het. Stoker begin die artikel deur op die realiteit van Suid-Afrika se demografie te wys en dat die blanke bevolking 'n minderheidsgemeenskap is.[15] Die blanke bevolking het volgens Stoker voor 'n kruispad gestaan. Of hulle moes met die meerderheid van die swart volke in Suid-Afrika intigreer of hulle moes differensieer.[16] Die weg van intigrasie was vir Stoker 'n Liberalistiese oplosssings wat tot die verlies van die uniekheid van die Afrikanergemeenskap sou lei. Dit is binne die konteks dat Stoker gekies het vir differensiasie, in stede van integrasie.
Stoker kan seker gesien word as een van die voornaamste teölogiese onderbouers van die apartheidsidiologie en het daaroor uitsprake gedoen en daaroor geskryf. H.H. William skryf daaroor:[17]
Daar is vandag verskeie mense wat Stoker hiervoor verkwalik, soos die volgende aanhaling uit die kerkargief van die NG Kerk[18] "Wie moet ons blameer vir die kerk se foute? Politieke en geestelike leiers asook teoloë uit die geledere van die kerk het dikwels die regverdiging verskaf wat aan die ideologie en die praktyk van apartheid ’n skyn van aanvaarbaarheid gegee het."
Toekennings
wysigOok die volgende toekennings getuig van H.G. Stoker se wetenskaplike bydraes oor bykans sewentig jaar:
Jaar | Toekenning |
---|---|
1957 | Meesterprys van die Afrikaanse Letterkundige Vereniging |
1964 | Stalsprys vir Wysbegeerte toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns |
1987 | Eredoktorsgraad toegeken deur die RAU |
1987 | Dekorasie vir Voortreflike Diens van die Staatspresident (die hoogste burgerlike toekenning) |
Akademiese werksaamhede
wysigGeen lys van akademiese werksaamhede is volledig sonder om te wys op sy redaksionele werksaamhede van onder andere Koers in die Krisis (I, II, en III); S.A.C.U.M.-publikasies; die Bulletin van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Christelike Wetenskap en die internasionale wysgerige tydskrif in Nederland, Philosophia Reformata, waar hy gedien het sedert 1973.
Proefskrifte
wysigDaarbenewens is twee proefskrifte oor die werk van Stoker aanvaar, een aan die Vrije Universiteit te Amsterdam (1968) en die ander aan die RAU (1972).
Nagraadse studente
wysigVan sy nagraadse studente het 9 doktorsgrade en 18 magistersgrade onder sy leiding behaal. Van die nagraadse studente is die belangrikste sekerlik Prof. J.A. Heyns wat onder Stoker gestudeer het.[17]
Lys van publikasies
wysigDie onderstaande lys van publikasies is in 1994 deur Prof. A.W.G. Raath gepubiliseer in die gedenkbundel in Koers wat na Stoker se dood verskyn het.[19] Die VCHO het in 2006 'n cd die lig laat sien met al Stoker se versamelde werke in elektroniese formaat. Sien die onderstaande skakel vir 'n volledige lys van Stoker se gepubliseerde en ongepubliseerde werke.[20]
Verwysings
wysig- ↑ Stoker, H.G. 1933. Wysbegeerte van die Skeppingsidee. Pretoria: J.H. De Bussy
- ↑ Heyns, J.A. 1967. Denkers deur die eeue. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.
- ↑ (nl) Geboorteregister Assen 1865, Aktenummer 23
- ↑ (nl) Geboorteregister Bedum 1873, Aktenummer 29[dooie skakel]
- ↑ (en) Domenico, Roy P.; Yardley, Mark Y. (red.), reds. (2006). Encyclopeadia of Modern Christian Politics. Westpoint, Connecticut & London: Greenwood Press. pp. 538–539. ISBN 0313338906.
- ↑ Pienaar, EC (1919). Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging. Pretoria/Amsterdam en Kaapstad: J.H. de Bussy en Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers-Maatschappij v/h J. Dusseau & Co. p. 205.
- ↑ Raath, AWG (1994). "Soli Deo Gloria: Die lewe en werk van prof. dr. HG Stoker". Koers – Bulletin vir Christelike Wetenskap. 59 (3/4): 343–361.
- ↑ van Aswegen, Leon Johan Pierre (20 Mei 2015). "Miriam Francoise du Plessis". Geni. Besoek op 20 Maart 2016.
Dieselfde inligting is ook by andere onafhanlike stamboomwebwerfe te vind. Om die privaatheid van andere te beskerm is die besonderhere nie hier gegeë nie. - ↑ 9,0 9,1 http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/86/880
- ↑ van Wyk, JH (1994). "Liberate konserwatisme? - HG Stoker en die ideologie van apartheid: 'n Verkenning". Koers – Bulletin vir Christelike Wetenskap. 59 (3/4): 435–454.
- ↑ Shain, M. 2016. A perfect storm: Antisemtism in South Africa from 1930–1948. John Ball Publishers.
- ↑ Stoker, 1942. Stryd om die Ordes. Potchefstoom: Admin Buro. bl. 117-118, 157-158.
- ↑ Stoker, H.G. 1961. Beginsels en metodes in die wetenskap. Potchefstroom: Pro Rege Pers Beperk. bl. 240-245.
- ↑ Stoker, H.G. 1967. At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa. (In Oorsprong en Rigting: Band I. Kaapstad: Tafelberg. p. 209-222).
- ↑ Stoker, H.G. 1967. At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa. (In Oorsprong en Rigting: Band I. Kaapstad: Tafelberg. p. 209-222). bl. 209.
- ↑ Stoker, H.G. 1967. At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa. (In Oorsprong en Rigting: Band I. Kaapstad: Tafelberg. p. 209-222). bl. 215.
- ↑ 17,0 17,1 "J.A Heyns en die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Apartheid Henry Hofmeyer William, Proefskrif" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Augustus 2017. Besoek op 1 Februarie 2016.
- ↑ "Kerkargief" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 28 April 2018.
- ↑ Daar is toestemming ontvang om die artikel van Prof. A.W.G. Raath te gebruik as basis van die artikel oor Prof. H.G. Stoker. Aangesien daar sedert die plasing van die artikel wysigings deur verskeie gebruikers aangebring is, word te raadpleeg. http://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/674/788
- ↑ http://vcho.co.za/publikasies/akademiese-publikasies-van-hg-stoker.php[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hendrik Gerhardus Stoker.