Foudia is 'n genus van sangvoëls in die familie van wewervoëls (Ploceidae).

Foudia
'n Madagaskarwewer in broeigewaad
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Ploceidae
Genus: Foudia
L. Reichenbach, 1850
Spesies

F. madagascariensis
F. eminentissima
F. omissa
F. rubra
F. sechellarum
F. flavicans

Verspreiding

wysig

Hierdie voëls is inheems aan die eilande van die westelike Indiese Oseaan, waar hulle op Madagaskar, die Seychelle, die Comore-eilande en die Maskareense eilande voorkom. Die Madagaskarwewer is ook na die Chagos-argipel, Bahrein en Saint Helena ingevoer. Terwyl die Madagaskarwewer een van die mees algemene voëls van die streek is, word 'n paar van die ander Foudia-spesies as bedreigd beskou, veral die Mauritiuswewer, wat kritiek bedreigd is.

Beskrywing

wysig

Die voëls is 12 tot 15 sentimeter lank en het kort, keëlvormige snawels. Die mannetjies se broeigewaad is meestal kleurryk met helderrooi of geel kopvere en soms ook elders. Nie-broeiende mannetjies en wyfies is vaal, mossie-agtige voëls met oorwegend grys-bruin vere.

Habitat en gedrag

wysig

Fodies word tipies in woude, boomveld of bossieveld gevind, maar sommige kom ook in mensgemaakte habitatte voor, veral die Madagaskarwewer. Sommige spesies voed hoofsaaklik op sade terwyl ander grootliks insekvretend is. Fodies bou 'n koepelvormige nes van gras en ander plantmateriaal. Dit het 'n kant-opening en hang aan 'n tak of van 'n palmblaar.

Spesies

wysig

Die genus omvat die volgende spesies:[1]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig
  • Sinclair, Ian & Langrand, Olivier (1998) Birds of the Indian Ocean Islands, Struik, Kaapstad.
  • Skerrett, Adrian; Bullock, Ian & Disley, Tony (2001) Birds of Seychelles, Christopher Helm, Londen.

Eksterne skakels

wysig