Paralimpiese Winterspele 2026
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XIVe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2026 (Italiaans: XIV Giochi paralimpici invernali) sal na verwagting tussen 6 en 15 Maart 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied word.[1] Dit sal die 14de Paralimpiese Winterspele wees wat aangebied word en ná die Paralimpiese Winterspele 2006 die tweede Paralimpiese Spele in Italië.
Die Olimpiese Winterspele 2026 sal tussen 6 en 22 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou word.
Toewysing
wysigAs deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2026.[2] Milaan en Cortina d'Ampezzo is op 24 Junie 2019 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2026. Die enigste ander kandidaat was Stockholm, Swede.
Die gasheerstad sou oorspronklik in Oktober 2019 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Milaan, Italië, aangekondig word. Die IOK het die stemming egter na 'n ander plek – en datum – verskuif, nadat Italië 'n bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ingedien het wat die stad Milaan insluit. Die stemming sal nou op 24 Junie 2019 in die hoofkantoor van die IOK in Lausanne, Switserland, gehou word.[3][4] Die eerste aansoekfase vir die Spele het in September 2017 begin.[5]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2026[6] | ||
---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 |
Milaan en Cortina d'Ampezzo | Italië | 47 |
Stockholm | Swede | 34 |
Sportplekke
wysigMilaan
wysig- PalaItalia Santa Giulia – openingseremonie
- PalaLido – sleehokkie
- Piazza del Duomo – sluitingseremonie
Valtellina
wysig- Azzurri d'Italia-stadion, Valdidentro – paratweekamp, Heg-en-steg-ski
Cortina d'Ampezzo
wysig- Olimpia delle Tofane-helling, Cortina d'Ampezzo – alpeski, sneeuplankry
- Stadio Olimpico Del Ghiaccio, Cortina – rolstolysbal
Sporte
wysig7 Paralimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word.
- Alpeski (30)
- Bobslee (1)
- Heg-en-steg-ski (20)
- Paratweekamp (18)
- Rolstolysbal (1)
- Sleehokkie (1)
- Sneeuplankry (10)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Milan-Cortina Wins 2026 Olympic And Paralympic Winter Games Bid". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "Lausanne To Host Vote For Winning 2026 Winter Olympic Bid Instead of Milan After Italy Enters Race". GamesBids. 20 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "IOC To Move Up 2026 Olympic Bid Vote Three Months, Now June 2019". GamesBids. 9 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "IOC Approves New Candidature Process for Olympic Winter Games 2026". Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.