Ultraklank
Ultraklank is klank met 'n frekwensie hoër as die boonste hoorbaarheidsgrens van die mens, rondom 20 kilohertz/20 000 hertz. Sommige diere, soos honde, dolfyne, vlermuise en muise het 'n boonste hoorbaarheidsgrens wat baie hoër is as dié van die mens en kan hulle dus ultraklank ook hoor. Kinders kan sommige hoë-frekwensie klanke hoor wat volwassenes nie kan hoor nie, aangesien die boonste hoorgrens laer word met ouderdom.
Geneeskundige sonografie
wysigGeneeskundige ultrasonografie (sonografie) is 'n ultraklank gebaseerde diagnostiese beeldverwerkingstegnieke wat gebruik word om spiere en interne organe en ander interne organe te visualiseer om hulle grootte, struktuur en enige "patologiese letsels" vas te stel. "Verloskundige" sonografie word algemeen gebruik tydens swangerskap.
Ander geneeskundige aanwendings
wysigUltraklank vind ook ander terapeutiese toepassings:-
- Die behandeling van kwaadaardige asook nie-kwaadaardige gewasse en ander afwykings deur 'n proses wat bekend staan as Gefokusde Ultraklank Chirurgie of Hoë Intensiteit Gefokusde Ultraklank. Hierdie prosedures gebruik in die algemeen laer frekwensies as mediese diagnostiese ultraklank, maar beduidend hoër intensiteite (~500 kHz tot 2 Mhz).
- Kragtiger ultraklank bronne kan gebruik word om tande skoon te maak vir mondhigiëne of om plaaslike verhitting van biologiese weefsels te bewerkstellig, soos in fisioterapie en eksperimentele kankerbehandeling.
- Gefokusde ultraklank bronne word ook gebruik nierstene op te breek of in katarakbehandeling.
Industriële sonografie
wysigUltraklank word ook gebruik in die staalvervaardigingsnywerheid om foute in die metaal en sweisnate van drukvate en pype op te spoor. Die voordele van die tegnieke is dat dit nie die vernietiging van die monster vereis nie.
Ultraklank skoonmaaktegnieke
wysigUltrasoniese skoonmakers gebruik klankfrekwensies tussen 20-40 kHz om juweliersware, lense en ander optiese toerusting, horlosies, tandheelkundige instrumente, snykundige instrumente, laboratoriumtoerusting en ander industriële onderdele skoon te maak. Die skoonmaakmeganisme berus hoofsaaklik op die mikroskopiese kavitasie wat in die vloeistof binne in die skoonmaker ontstaan.
Verwildering van peste
wysigUltraklank bronne/luidspreker stelsels word bemark en beweer dat hulle rotte, muise en insekte verwilder, maar daar is egter geen wetenskaplike bewys dat hulle werk nie; beheerde toetse het getoon dat rotte en muise vinnig leer dat die luidsprekers skadeloos is.
Ultrasoniese disintegrasie
wysigSommige soorte ultraklank kan biologiese selle laat disintegreer insluitend sommige bakterieë. Die verskynsel vind toepassing in biologiese studies en die doodmaak van bakterieë in riool. Sien byvoorbeeld:-
Ander gebruike
wysigUltraklank kan onder sekere omstandighede eksotiese verskynsels teweeg bring soos die uitstraling van lig vanuit 'n medium wat aan die ultraklank blootgestel is. Hierdie verskynsels is ondersoek deels vanweë die moontlikheid van borrelfusie ('n hipotese bestaan dat 'n kernfusie reaksie plaasvind tydens sonoluminesensie ).
'n Algemene gebruik van ultraklank is vir afstandbepaling. Die basiese beginsel waarop hierdie toepassing berus is dat wanneer die ultrasoniese puls in 'n sekere rigting versend word dit terugreflekteer vanaf 'n voorwerp in die pad van die golf en die sender kan dan die eggo bespeur en die afstand tot die voorwerp bepaal vanuit die tydsinterval tussen die versending van die puls en die terugkeer van die puls by die versender.
Vlermuise gebruik egospeuring om hulle prooi op te spoor. Sonar is ook 'n ander gebruik van ultraklank.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Ultraklank. |