Majaans
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Majas, vir die historiese beskawing, sien Maja, en vir die taalfamilie, sien Majatale.
Majaans Màaya t'àan | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Meksiko Belize Guatemala | |
Totale sprekers: | 762 520[1]
| |
Taalfamilie: | Maja Yucatekaans Yukateeks-Lakandonies Majaans | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Meksiko | |
Gereguleer deur: | INALI | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | myn
| |
ISO 639-3: | yua
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Majaans (Màaya t'àan, letterlik: "Majataal"; Spaans: Idioma maya) of Yucatekaanse Maja (Spaans: Maya yucateco) is die tweede belangrikste inheemse taal van Noord-Amerika ná Nahuatl met 762 520 sprekers in die Meksikaanse deelstate Yucatán, Quintana Roo en Campeche, asook in die noorde van Belize en Guatemala. Majaans word deur die Majas, die hedendaagse verteenwoordigers van die Meso-Amerikaanse Majabeskawing, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko.
Majaans is die belangrikste en grootste van die oorblywende Majatale en in teenstelling met ander tale van dié taalfamilie is Majaans is 'n toontaal met 'n werkwoord-onderwerp-voorwerp-volgorde. Die taal is tot die Spaanse verowering van Yucatan in 'n eie alfabet geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. Hedendaags is die meeste Majas tweetalig met Spaans as tweede taal.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Maya, Yuatec" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 9 Augustus 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) "Yucatec language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Augustus 2019.