Kolima
Kolima | |
---|---|
Die Kolima by Debin | |
Die stroomgebied van die Kolima | |
Oorsprong | Soentar-Chajata, Magadan-oblast, Rusland |
Monding | Jakoetië, Rusland Oos-Siberiese See |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 2 129 km (1 323 myl) |
Oorspronghoogte | 790 m (2 592 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 3 800 m³/s (130 000 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 647 000 km² (250 000 myl²) |
Kaart van die Kolima-bekken in Asië
|
Die Kolima (Russies: Колыма́, [kəlɨˈma]; Jakoeties: Халыма) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Russiese Verre-Ooste. Dié rivier, met 'n lengte van 2 129 km (1 323 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koeloe und Ajan-Joerjach in Soentar-Chajata, Jakoetië, net suidoos van die Indigirka se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordoostelike rigting deur die Magadan-oblast en bereik Sinegorje. Hiervanaf vloei die Kolima in 'n noordwestelike rigting deur Sejmchan en vloei later in 'n noordelike rigting tot by Zyryanka en bereik die Jakoetië-republiek. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur Srednekolymsk en mond noord van Chersky in 'n delta in die Oos-Siberiese See uit.[1]
Die omgewing van die Kolima word gekenmerk deur die taiga, wat by die kus verder noord in 'n toendra oorgaan. Die rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Kolyma River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Junie 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kolima.