Ballade vir ’n enkeling
Ballade vir ’n enkeling is ’n Afrikaanse verhaal deur Leon van Nierop. Dit het drie vorme aangeneem deur ’n gepubliseerde roman, ’n televisiereeks (tussen 1987 en 1993 deur die SAUK uitgesaai) en ’n rolprent (op 20 Maart 2015 uitgereik).
Rolprent
[wysig | wysig bron]Ballade vir ’n enkeling | |
---|---|
Regisseur | Quentin Krog |
Draaiboek | Leon van Nierop |
Met | Armand Aucamp Jacques Bessenger Zak Hendrikz |
Musiek deur | Benjamin Willem |
Kinematografie | Tom Marais |
Redigeerder | C.A. van Aswegen |
Ateljee | The Film Factory |
Uitgereik | 20 Maart 2015 |
Speeltyd | 86 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Die rolprent het in sy openingsnaweek meer as R1,3 miljoen by die loket verdien, toe meer as 27 500 mense daarna gaan kyk het.[1] Dele van die rolprent is in Kragbron in die Vrystaat verfilm.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n drama. Dit het ’n ouderdomsperk van 16TG (taal, geweld) en is van Engelse onderskrifte voorsien.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Ballade vir ’n Enkeling handel oor die joernalis, Carina Human wat op die spoor van die enigmatiese skrywer Jacques Reynard is. Jacques daag nie op om ’n letterkundeprys wat aan hom toegeken is te ontvang nie. Tussendeur word vertel van Jacques se kinderjare, sy vriendskap met Jan-Paul Otto en sy liefde vir Lena Aucamp.
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]- Donnalee Roberts as Carina Human
- Armand Aucamp as Jacques Rynhardt sr.
- Rolanda Marais as Lena Aucamp sr.
- Jacques Bessenger as Jan-Paul Otto sr.
- Cindy Swanepoel as Mysi Moolman
- Edwin van der Walt as Jacques Rynhardt jr.
- Christia Visser as Lena Aucamp jr.
- Luan Jacobs as Jan-Paul Otto jr.
- Helene Lombard as Liebet Rynhardt
- Dorette Potgieter as Alicia Francke
- Drikus Volschenk as Klaus Rynhardt
- Zak Hendrikz as Gavin Greeff
- Miles Petzer as Gert Grové
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ ‘Ballade’ tref die loket met R1,3 miljoen[dooie skakel]