22 September
Voorkoms
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
22 September is die 265ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (266ste in skrikkeljare). Daar volg nog 100 dae tot die einde van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 530 – Pous Bonifatius II volg Pous Felix IV op.
- 972 – Pous Benedictus VI word verkies as pous maar moet tot die volgende jaar wag op keiserlike goedkeuring om gekroon te word.
- 1368 – Pous Urbanus V stel Arnoldo Bernardi (of Bertrandi), Philippe de Cabasolle, Simon Langham, Bernard du Bosquet, Jean de Dormans, Étienne de Poissy (of Paris), Pierre de Chinac (of de Bagnac) en Francesco Thebaldeschi aan as kardinaal.
- 1503 – Pous Pius III volg Pous Alexander VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1531 – Pous Clemens VII stel Antonio Pucci aan as kardinaal.
- 1606 – Pous Paulus V verbied katolieke in Engeland om die eed van getrouheid aan koning Jakobus I af te lê.
- 1609 – Koning van Spanje set die voormalig gekerstende Moslems die Moriscos uit.
- 1681 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word kardinaal-priester van S. Pancrazio.
- 1741 – Pous Benedictus XIV verklaar Alvarez van Cordova salig.
- 1830 – Venezuela skei af van Colombia.
- 1862 – President Abraham Lincoln van die VSA stel die Emansipasie Proklamasie in, wat alle slawerny in die Konfederale state afskaf teen 1 Januarie 1863.
- 1869 – Das Rheingold, die eerste vier operas in Der Ring des Nibelungen deur die Duitse komponis Richard Wagner maak sy debuut te München.
- 1902 – Krygswet in die Kaapkolonie word herroep.
- 1921 – Estland, Letland en Litaue word lede van die Volkebond.
- 1960 – Frans-Soedan verkry onafhanklikheid van Frankryk as die Republiek van Mali.
- 1980 – Irak loods ’n inval op Iran, wat die Iran-Irakse Oorlog ontketen.
- 1998 – Militêre magte van Suid-Afrika en Botswana ruk op na die koninklike paleis in Maseru, Lesotho.
- 2014 – Na 'n tog van 10 maande plaas MAVEN homself in 'n wentelbaan om die planeet Mars.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 129 – Claudius Galenus, Romeinse medikus († 210).
- 1515 – Anna van Kleef, die vierde vrou van Hendrik VIII van Engeland († 1557).
- 1791 – Michael Faraday, Britse fisikus († 1867).
- 1882 – Wilhelm Keitel, Duitse veldmaarskalk († 1946).
- 1894 – Minerva Urecal, Amerikaanse aktrise († 1966).
- 1906 – Ilse Koch, vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald († 1967).
- 1932 – Algirdas Brazauskas, Litause politikus en staatsman, President van Litaue († 2010).
- 1948 – Mark Phillips, gewese eggenoot van prinses Anne van die Verenigde Koninkryk.
- 1953 – Marie-Ségolène Royal, Franse politikus.
- 1953 – Rhoda Kadalie, Suid-Afrikaanse menseregteaktivis († 2022).
- 1960 – Isaac Herzog, advokaat en politikus (Israelse president sedert 2021).
- 1979 – Bakkies Botha, Springbokrugbyspeler.
- 1984 – Godfrey Gao, Kanadese akteur († 2019).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 530 – Pous Felix IV, die 54ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend)
- 1408 – Johannes VII Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1370).
- 1539 – Ghoeroe Nanak Dev, die stigter van die Sikhgeloof (* 1469).
- 1774 – Pous Clemens XIV, die 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1705).
- 1890 – Joanna Courtmans, Vlaamse skryfster (* 1811).
- 1909 – David Christiaan de Waal, burgemeester van Kaapstad (* 1845).
- 1940 – István Thomán, Hongaarse klaviervirtuoos en musiekonderwyser.(* 1862).
- 1948 – Paul Roos, Suid-Afrika se negende Springbokkaptein (* 1878).
- 1985 – D.J. Opperman, Afrikaanse digter en akademikus (* 1914).
- 1989 – Irving Berlin, Amerikaanse komponis (* 1888).
- 2014 – Taffie Kikillus, Suid-Afrikaanse akteur, musikant en komponis (* ca. 1927).
- 2018 – Edna Molewa, ANC-politikus en Minister van Omgewingsake van Suid-Afrika. (* 1957).
- 2023 – Giorgio Napolitano, Italiaanse president, politikus en joernalis (* 1925).
- 2024 – Koos van der Merwe, Suid-Afrikaanse politikus (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Dag-en-nag-ewening (22:23 UTC).
- Onafhanklikheidsdag in Bulgarye (1908) en Mali (1960).
- Motor vrye dag in Europa en Kanada.
- Feesdag van Pous Felix IV in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 September. |