Sjahada
Vyf Pilare van die Islam |
---|
Die Sjahada (Arabies: الشهادة, aš-šahādah, [aʃ.ʃaˈhaːda], ; letterlik: "die getuienis") is die Islamitiese geloofsbelydenis en die eerste van die Vyf Pilare van die Islam. Met die Sjahada word die geloof in die eenwees van God (tawhid) en die erkenning van Mohammed as God se profeet uitgedruk.
Die Sjahada in sy kortste vorm lui soos volg:
- لَا إِلٰهَ إِلَّا ٱلله مُحَمَّدٌ رَسُولُ ٱلله
- lā ʾilāha ʾillā llāh muḥammadun rasūlu llāh
- [laː ʔɪˈlaːha ˈʔɪl.lɑɫˈɫɑː mʊˈħammadʊn raˈsuːlʊlˈɫɑː]
- "Daar is geen god behalwe Allah nie; Mohammed is die boodskapper van Allah"[1][2][3][4]
- Audio (voorafgegaan deur die uitdrukking (wa) ašhadu ʾan — "(en) Ek getuig, dat...")
Die Sjiiete voeg gewoonlik 'n derde sin by:
وعليٌ وليُّ الله (wa ʿalīyyun walīyyu-llāh, [wa ʕaˈlɪj.jʊn waˈlɪj.jʊlˈɫɑː], "Ali is die Vriend van God")[5][6]
Betekenis
[wysig | wysig bron]Die Sjahada is die enigste aanvaarde ritueel tydens die konversie van 'n persoon tot Islam. In die teenwoordigheid van twee Moslem-getuies uiter die nuwe gelowige die Sjahada. 'n Islamitiese gebruik bestaan om die Sjahada as jou laaste woorde te uiter, maar indien die sterwende persoon nie meer in staat is om dit te kan doen, word dit deur 'n gesinslid in sy oor gefluister. Dit word ook deur die pa in die oor van 'n pasgebore kind gefluister. Vir 'n Moslem is die Sjahada dus die eerste en laaste woorde wat hy in sy lewe sal hoor.
Gebed
[wysig | wysig bron]Tydens die roep tot gebed (Adhān) deur die muezzin volg op die viermalige Takbirresitasie die twee dele van die Sjahada, voorafgegaan deur (wa) ašhadu ʾan أشهد أن "Ek getuig, dat...", twee keer elk.
Argitektuur
[wysig | wysig bron]Sedert die vroe tye van Islam vorm die Sjahada 'n versieringselement in die Islamitiese argitektuur, veral binne en buite van moskees en dikwels in kombinasie met die Basmala.
Vlae met die Sjahada op
[wysig | wysig bron]Die Sjahada word op die vlae van die drie Islamitiese lande Afghanistan (saam met die Takbir), Saoedi-Arabië (sentraal bo die swaard) en Somaliland (volgens internasionale reg deel van Somalië) vertoon.
-
Vlag van Somaliland (nie-erkende staat)
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Apostoliese Geloofsbelydenis, Christelike eweknie
- Sjema Jisrael, Joodse eweknie
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Malise Ruthven (Januarie 2004). Historical Atlas of Islam. Harvard University Press. p. 14. ISBN 978-0-674-01385-8. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 12 Augustus 2015.
- ↑ (en) Richard C. Martín. Encyclopedia of Islam & the Muslim World. Granite Hill Publishers. p. 723. ISBN 978-0-02-865603-8.[dooie skakel]
- ↑ (en) Frederick Mathewson Denny (2006). An Introduction to Islam. Pearson Prentice Hall. p. 409. ISBN 978-0-13-183563-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2018. Besoek op 11 September 2017.
- ↑ (en) Mohammad, Noor (1985). "The Doctrine of Jihad: An Introduction". Journal of Law and Religion. 3 (2): 381–397. doi:10.2307/1051182. JSTOR 1051182.
- ↑ (en) E. Thomas Dowd, Stevan Lars Nielsen: The psychologies in religion : working with the religious client. Springer Pub. Co, New York, 2006, bl. 237.
- ↑ (de) Rudolf Fischer: Der Islam: Glaube und Gesellschaftssystem im Wandel der Zeiten : eine Einführung. Ed. Piscator, Oberdorf, 1992, bl. 49.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Daniel Gimaret: Artikel Shahāda, in: The Encyclopaedia of Islam. New Edition. Band IX (1997), bl. 201.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sjahada.
- (en) "Shahādah". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Maart 2019.