Safair
Safair Boeing 737-300 by Sharjah Int. Lughawe | |||||||
| |||||||
Gestig | Maart 1969 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | O.R. Tambo Internasionale Lughawe | ||||||
Vlootgrootte | 11 | ||||||
Bestemmings | Geen geskeduleer | ||||||
Houermaatskappy | ASL Aviation Group Limited | ||||||
Hoofkantoor | Kempton Park, Gauteng, Suid-Afrika | ||||||
Webwerf | www.safair.co.za |
Safair (IATA: FA, ICAO: SFR) is 'n lugvaartmaatskappy gebaseer op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Suid-Afrika [1] Dit bedryf een van die wêreld se grootste vlote van die burgerlike Lockheed L-100 Hercules vragvliegtuig,[2] dit onderneem ook huurvlugte; doen vliegtuigverhuring en verkope; kontrakbedrywighede en verhuringsdienste; huur van vlugbemanning en opleiding; die instandhouding en modifikasie van vliegtuie; lugvaartveiligheid en mediese opleiding; en kan bedrywighede ondersteun. [3]
Vloot
[wysig | wysig bron]Teen Julie 2019 bestaan die vloot van Safair uit:[4][5][6]
Vliegtuig | In vloot |
---|---|
Boeing 737-800 | 7 |
Boeing 737-400 | 10 |
Boeing 737-400 Combi | 1 |
Lockheed L-100-30 Hercules | 6 |
Totaal | 24 |
FlySafair
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FlySafair.
In 2013 het Safair 'n laekosteredery filiaal genaamd FlySafair begin, wat tans plaaslike passasiersdienste in Suid-Afrika bedryf.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Safair is aanvanklik deur Safmarine in Maart 1969 as 'n lugredery gestig en het begin bedryf op 18 Maart 1970. Sy primêre kliënt in die 1980's was die Suid-Afrikaanse Weermag. Tot die 1990's bedien dit hoofsaaklik die streeks- en plaaslike lugvragmark. In 1991 word dit gediversifiseer tot instandhouding van vliegtuie en oornagkoerierdienste, maar gaan ook voort met verhurings. In 1998 koop dit 'n 49%-belang in "Air Contractors", gebaseer in Ierland, en is self deur "Imperial Holdings" vir VS$ 40 miljoen gekoop in Desember 1998. In Julie 1999 verkry Safair beheer oor "National Airways Corporation" en "Streamline Aviation" ('n huurvlug- en vliegtuigverkoopmaatskappy). Dit is 'n volfiliaal van "ASL Aviation Group Ltd" gebaseer in Dublin, Ierland, [7] 'n filiaal van die Belgiese groep Compagnie Maritieme Belge [8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ http://www.safair.co.za/contact
- ↑ Flight International 2010 wêreldvliegtuigsensus besoek op 27 Augustus 2010
- ↑ Flight International 12-18 April 2005
- ↑ "Our Fleet" - Safair besoek op 12 Desember 2019
- ↑ "ASL Aviation Group Signs Letter of Intent to Procure Lockheed Martin LM-100J Freighters" – CNN MONEY. besoek op 16 Julie 2014
- ↑ FlySafair se probleem-Boeing kry die groen lig. Besoek 2 Junie 2022
- ↑ "ASL" (in Engels). Aslaviationgroup.com. 16 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 2 Mei 2013.
- ↑ .php/about/single/history Ons geskiedenis[dooie skakel], ASL Aviation amptelike webwerf
Wikimedia Commons bevat media in verband met Safair. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |