Groot Moskee van Djenné
Die Groot Moskee van Djenné is 'n moskee in Djenné in Mali. Dit is meer as 800 jaar gelede (tussen 1200 en 1330) aan die Banrivier gebou van modder, en nie van gewone sement en stene nie. Die wêrelderfenisgebied is eers as 'n paleis gebruik voor dit eindelik in 'n moskee verander is. Die moskee, wat in daardie stadium verwaarloos was, is in 1907 deur die Franse herbou. Die moskee word deur baie beskou as een van die grootste argitektoniese prestasies nog.
Elke jaar kom die hele geeenskap van Djenné bymekaar vir 'n fees waartydens enige reën- en hitteskade aan die moskee herstel word. Daar is ook kos en musiek.
Dak
[wysig | wysig bron]In die dak is daar klein luggate met omgekeerde oondgebakte bakkies bedek. Wanneer die bakkies afgehaal word, kan warm lug uit die gebou ontsnap en vars lug binnekom.
Muur
[wysig | wysig bron]Die mure is gebou met modderstene wat in die son gebak en aanmekaargemessel is met 'n mengsel van sand en grond. Die mure is afgewerk met 'n soort pleister wat die gebou sy gladde voorkoms gee - dit lyk amper asof dit uitgekerf is. Die versierings is horingagtige uitsteksels wat nie net op elke hoek nie, maar ook bo-op die buitenste mure geplaas is.
Gebedsmuur
[wysig | wysig bron]Die gebedsmuur, of kiebla, wys oos na Mekka, 'n heilige stad vir Moslems wat vandag in Saoedi-Arabië geleë is. Dit bied 'n uitsig oor die mark. Die imam bid van die hoër toring in die middel af. Regs van die gebedsnis of mihrab in die middelste toring is 'n tweede inham wat die preekstoel, of minbar, genoem word. Die keêlvormige toringspitse bo-op elke minaret is met volstruiseiers bedek wat simbolies van vrugbaarheid is.
-
Die gebedsmuur van die Djenné-moskee.
Platform
[wysig | wysig bron]Die moskee is gebou op 'n platform wat drie meter hoër as die mark is. Ses stelle trappe, elk met torinkies versier, lei na die platform. Die platform keer dat skade aan die moskee aangerig word wanneer die Banrivier in vloed is.
Gebedsaal
[wysig | wysig bron]Die gebedsaal se dak is gemaak van die Afrikawaaierpalm, bedek met modder. Die dak word ondersteun deur nege binnemure met gepunte boë.
Hoofingang
[wysig | wysig bron]Die hoofingang waar die mans die moskee binnegaan, is in die noordelike mmur, terwyl vroue by die ingang aan die westekant ingaan.
-
Die hoofingang wat in die noordelike muur geleë is.
-
Die Larabangamoskee in Ghana.
Vensters
[wysig | wysig bron]Die klein, ongelyk geplaasde vensters in die noordelike en suidelike muur laat min natuurlike lig na die binnekant van die saal deur.
Toron
[wysig | wysig bron]Die gebou se mure is versier met bondels stokke van die Afrikawaaierpalm, wat toron genoem word. Dit dien sommer ook as steierwerk vir die jaarlikse herstelwerk.
Westelike galery
[wysig | wysig bron]Die westelike galery word vir die vroue gehou.
Ander geboue van modder en klei is die Larabangamoskee in Ghana. Dit is in 1421 gebou met plaaslike boutegnieke en materiaal, soos modder en biesies.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Bedaux, R.; Diaby, B.; Maas, P., eds. (2003) (in French), L'architecture de Djenné (Mali): la pérennité d'un Patrimonie Mondial, Leiden: Rijksmuseum, ISBN 90-5349-420-0.
- Bourgeois, Jean-Louis (1987), "The history of the great mosques of Djenné", African Arts (UCLA James S. Coleman African Studies Center) 20 (3): 54–92, doi:10.2307/3336477.
- Caillié, René (1830), Travels through Central Africa to Timbuctoo; and across the Great Desert, to Morocco, performed in the years 1824–1828 (2 Volumes), London: Colburn & Bentley. Google Books: Volume 1, Volume 2.
- Dubois, Félix (1896), Timbuctoo: the mysterious, White, Diana (trans.), New York: Longmans, https://archive.org/stream/timbuctoomysteri00duborich.
- Dubois, Félix (1911) (in French), Notre beau Niger, Paris: Flammarion, http://gallica.bnf.fr/ark:/12148/bpt6k1667505.
- Gardi, Bernard; Maas, Pierre; Mommersteeg, Geert (1995) (in French), Djenné, il y a cent ans, Amsterdam: Institute Royal des Tropiques, ISBN 90-6832-250-8. Reproduces postcards and photographs dating from the early years of the 20th century.
- Hunwick, John O. (1999), Timbuktu and the Songhay Empire: Al-Sadi's Tarikh al-Sudan down to 1613 and other contemporary documents, Leiden: Brill, ISBN 90-04-11207-3.
- Maas, Pierre; Mommersteeg, Geert, eds. (1992) (in French), Djenné: chef-d'oeuvre architectural, Amsterdam: Institut Royal des Tropiques, ISBN 90-6832-228-1.
- Sanogo, Klessigué; Fané, Yamoussa, eds. (2008) (in French), Plan de Conservation et de Gestion des " Villes anciennes de Djenné " – Mali, 2008–2012, République du Mali: Ministère de la Culture du Mali/UNESCO, http://whc.unesco.org/download.cfm?id_document=102566.
Nog leesstof
[wysig | wysig bron]- Marchand, Trevor H. J. (2015). "The Djenné Mosque: World Heritage and Social Renewal in a West African Town". APT Bulletin. 46 (2/3): 4–15. JSTOR 43556448.
- Prussin, Labelle (1968). "The Architecture of Islam in West Africa". African Arts. UCLA James S. Coleman African Studies Center. 1 (2): 32–74. doi:10.2307/3334324. JSTOR 3334324.
- Schutyser, S.; Dethier, J.; Gruner, D. (2003). Banco, Adobe Mosques of the Inner Niger Delta. Milan: 5 Continents Editions. ISBN 88-7439-051-3.
- Snelder, Raoul (1984). Hasan-Uddin, Khan (red.). "The Great Mosque at Djenné: Its impact as a model". MIMAR: Architecture in Development. Singapore: Concept Media. 12: 66–74.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot Moskee van Djenné.
- Archnet Digitale Biblioteek: Djenné Moskee Restorasie
- Islamitiese Argitektuur in Mali
- Adobe Mosques van Mali deur Sebastian Schutyser Geargiveer 3 Maart 2021 op Wayback Machine