Mageba kaGumede
Voorkoms
Mageba kaGumede | |
---|---|
Koning van die Zoeloenasie | |
Dinastie | Huis van die Zoeloe |
Bewind | 1727–1745 |
Volle naam | Mageba kaGumede |
Gebore | circa 1667 |
Gesterf | 1745 |
Voorganger | Phunga kaGumede |
Opvolger | Ndaba kaMageba |
Kinders | Ndaba kaMageba |
Vader | Phunga kaGumede |
Koning Mageba kaGumede (ongeveer 1667 tot 1745) was 'n vroeë leier van die Zoeloes in Suid-Afrika.
Volgens oorlewering het Mageba sy tweelingbroer Phunga as leier van die Zoeloe-stam na Phunga se dood in omtrent 1727 opgevolg. Hierdie opvolging tussen broers word weerspieël in Zoeloegedigte soos Zulu ka Phunga no Mageba! (Zoeloe kinders van Phunga en Mageba!). Mageba het ten minste twee seuns gehad, Ndaba, wat hom as koning opgevolg het, en Mpangazitha. Mpangazitha trou met sy niggie. Die Ntombela-stam ontstaan van die nageslag van hierdie huwelik.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike Zoeloeland-webwerf: Die Zoeloe-konings
- Amptelike Portaal van die Suid-Afrikaanse Regering: Zoeloekonings[dooie skakel]
Voorafgegaan deur Phunga kaGumede |
Koning van die Zoeloenasie 1727–1745 |
Opgevolg deur Ndaba kaMageba |