Waterstoffluoried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Waterstoffluoried |
IUSTC-naam | Waterstoffluoried |
Chemiese formule | HF |
Molêre massa | 20,01 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7664-39-3[1] |
Voorkoms | Kleurlose gas |
Reuk | skerp[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=331 pm; b= 331 pm; c=522 pm[2] |
Ruimtegroep | Cmc2₁ |
Nommer | 36 |
Smeltpunt | -83 °C[1] |
Kookpunt | 20 °C[1] |
Digtheid | 0,7 rel. lug[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar in water |
Kritieke temperatuur | 188 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 3,8[3] |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Waterstoffluoried is 'n verbinding van waterstof en fluoor. In suiwere vorm is dit 'n gas of 'n baie vlugtige vloeistof met 'n kookpunt van slegs 20 °C. In waterige oplossing word dit ook fluoorsuur genoem.
Kristalstruktuur
Die struktuur van vaste deuteriumfluoried DF is met neutrondiffraksie bepaal by 85K en 4,2K. Die struktuur is ortorombies. Daar is vier watersoffluoriedmolekules in die eenheidsel en hulle vorm sigsagkettings in die rigting van die c-as wat deur sterke waterstofbinding bymekaar gehou word.[2]
Eienskappe
Dit is 'n taamlik swakke suur, die pKa is slegs 3,8[3] Suiwere HF is 'n slegte geleier van elektrisiteit. Dit kan nogtans verbeter word deur kaliumfluoried op te los. KF.2HF is 'n geleidende eletroliet met K+-katione en FHF−-anione. Dit kan vir die kleinskaalse laboratoriumvervaardiging van fluoorgas gebruik word.[4]
Geochemie
Fluoorsuur word in die analitiese geochemie gebruik om silikate af te breek. Dit vorm die vlugtige silikontetrafluoried SiF4 of die heksafluorosilikaatioon SiF2−6 in oplossing. Hoewel waterstoffluoried alleen doeltreffender is, word gewoonlik 'n oksiderende suur soos HNO3 of HClO4 toegevoeg aan die reagens omdat soute dikwels nie in HF oplosbaar is nie. Omdat glas maklik aangetas en opgelos word, word gewoonlik plastiek soos PTFE of teflon gebruik.[5]
Veiligheid
Dit is 'n gevaarlike stof wat spesiale opleiding vereis om daarmee veilig te kan werk. Dit kan die oë en die vel kwaai beskadig en is 'n inwendige gif. Blootstelling aan die gas kan blindheid veroorsaak.[3]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "Safety data sheet" (PDF). Airgas. Besoek op 26 Julie 2023.
- ↑ 2,0 2,1 M. W. Johnson, E. Sándor and E. Arzijournal=Acta Cryst. (1975). "The crystal structure of deuterium fluoride". B31: 1998–2003. doi:10.1107/S0567740875006711.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 3,2 ANGELA C. ANDERSON (2007). Chapter 15 - Ocular Toxicology, in:Haddad and Winchester's Clinical Management of Poisoning and Drug Overdose (Fourth Edition). pp. 301–315. doi:10.1016/B978-0-7216-0693-4.50020-7. ISBN 9780721606934.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ E. Oosthuizen (2021). "Vervaardiging van fluoorgas vir laboratoriumgebruik: Prosesontwerp en -bedryf". Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. UPSpace. 39 (1).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Z. Hu, L. Qi (2014). 15.5 - Sample Digestion Methods, in: Treatise on Geochemistry (Second Edition),. Elsevier. pp. 87–109. doi:10.1016/B978-0-08-095975-7.01406-6. ISBN 9780080983004.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)