Gaan na inhoud

Wüstiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Wüstiet
 
Wüstite (swart) met goethiet (bruin)  
Kleur swart 
Glans metallies 
Hardheid 5 - 5,5 (Mohs) 
Ruimtegroep Fm3
Strukturbericht-kode B1 
Nommer 225 
Eenheidsel a = 4.296 Å
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Wüstiet is 'n mineraal. Dit is 'n ysteroksied met formule FeO. Dit is vernoem na die Duitse geoloog en paleontoloog Ewald Wüst (1875-1934).

As mineraal is dit taamlik seldsaam. Dit word in bepaalde meteoriete aangetref of anders het die mens dit meesal veroorsaak, byvoorbeeld in slakke. [1]

Kristalstruktuur

Die ideale FeO-struktuur is die haliet-struktuur (NaCl), maar dit is, altans onder drukke <10 GPa nie stabiel nie, . Onder 576 °C is dit ook 'n metastabiele fase wat ekssolusie (fase-uitskeiding) kan ondergaan in Fe en magnetiet.

Wüstiet wat as mineraal aangetref word, is nie-stoigiometriese Fe1-xO en bevat daarom nie net Fe2+-ione is sy rooster nie. (Wat bo 576 °C stabiel word is Fe0.94O pleks van FeO). Die mineraal het 'n ingewikkelde defek-ordening. Die suurstofatome vorm 'n kubiese digpakking en soos in die geval van maghemiet is daar oktaëderholtes [ ]; en tetraëderholtes ( ) gevul. Indien leë holtes (defekte) met genoteer word kan die struktuur weergegee word as [Fe2+1-3xFe3+2x-tx+t](Fe3+t) waar 0.04<x<0,12 en 2,0<(x+t)/t<4,5 Merk op dat in ideale NaCl-struktuur alle oktaëderholtes alleenlik en geen van die tetraëderholtes gevul is nie. Watter ordening dit presies het hang af van die samestelling en die temperatuurgeskiedenis omdat daar korte-afstandsordening kan optree (klustering). [2]

Verwysings

  1. "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019.
  2. Wüstite (Fe1-xO): A Review of Its Defect Structure and Physical Properties Robert M. Hazen. Raymond Jeanloz Reviews of geophysics and space physics 22(1), bls. 37-46, Februarie 1984