Gaan na inhoud

Rooikeelbyvreter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Rooikeelbyvreter
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. bullockoides
Binomiale naam
Merops bullockoides
(Smith, 1834)

Die rooikeelbyvreter (Merops bullockoides) is 'n byvreter en algemene standvoël wat in sub-ekwatoriale Afrika voorkom waar dit in grasvelde en savanne leef; gewoonlik naby riviere en watermassas. Die voël staan as die White-fronted Bee-eater in Engels bekend.

Voorkoms

Die voël is 22 tot 24 cm lank, weeg 30 tot 40 gram en is grotendeels groen van kleur. Die keel is wit-en-karmosyn, dit het 'n wit wangstreep en frons. Die kruis, dye en fondament is treffend blou. Die stertvere is nie verleng nie. Die jonger voël is valer met 'n groen kroon.

Hulle vang af en toe prooi op die grond.

Sien ook

Bron

Eksterne skakels