Gaan na inhoud

Kleinboskruiper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Kleinboskruiper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. debilis
Binomiale naam
Phyllastrephus debilis
Die verspreiding van die kleinboskruiper in Suider-Afrika

Die kleinboskruiper (Phyllastrephus debilis) is 'n skaars standvoël wat in woude in die lae en middelstrata, woudrande en aangrensende ruigtes leef. Dit is ook bekend as die kleintiptol en in Engels staan die voël bekend as die Tiny Greenbul.

Voorkoms

Die voël is klein en word net 14 cm lank en weeg 13 tot 16 gram. Dit is 'n kleiner weergawe van die geelstreepboskruiper met dieselfde liggrys kop, witterige keel en 'n geel getinte borskant. Die borskat kan wissel van spesie tot spesie. Anders as by die geelstreepboskruiper, is daar geen kenmerkende vlerkflitse wanneer hy kos soek nie. Die oë wissel van wit tot grysbruin en die snawel is dun met 'n liggrys basis. Die voël kom in pare of groepies voor.

Sien ook

Bron