Sandolien
Voorkoms
Die Sandolien (Dodonaea viscosa) is klein boompie wat voorkom aan die kusgebiede van Suid-Afrika vanaf Saldanahabaai tot in Mosambiek en ook in die Gauteng, Mpumalanga, dele van Noordwes en Limpopo. Dit kom ook voor in die sentrale gedeelte van Zimbabwe. Die blare is enkelvoudig en gewoonlik harpuisagtig wat dit blink en klewerig maak. Die vrugte is sowat 1.5 cm in deursnee. In Engels staan die boom bekend as die Sand-olive.
Sien ook
Bron
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8