Griekwastad
Griekwastad is 'n dorp in die Noordkaap, Suid-Afrika. Die N8 nasionale pad gaan deur Griekwastad. Kimberley is ongeveer 150km oos van Griekwastad.
Adam Kok
Adam Kok, 'n bevryde slaaf, het die Griekwa Khoihoi gelei vanaf Piketberg na die huidige Griekwastad. Adam het in die kombuise gewerk van die goewerneurs van die Kaap. Soos die blanke nedersetters meer die binneland in beweeg het, het Adam die Griekwas al verder weg laat beweeg totdat hulle gedurende ongeveer 1800 hulself in die gebied van Griekwastad gevestig het. Daar het het sommige fragmente van die Tswanas en Basters by hulle aangesluit.
Londonse Sendinggenootskap
Die Londonse Sendinggenootskap het gedurende 1802 'n sending skool by Leeuwenkuil geopen. Die eerste sendelinge was William Anderson en Cornelius Kramer. Om weg te kom van die leeus wat 'n nabyleë watergat besoek het, het hy die sendingstasie na Klaarwater verskuif. Klaarwater se naam is in 1813 na Griekwastad verander.
Griekwastad distrik
Die distrik is bees- en skaapwêreld en 'n verskeidenheid halfedelstene kom in die omgewing voor, veral Tieroog. Boesman kuns kom op verskeie plekke in die distrik voor.[1]
Verwysings
- ↑ Op pad in Suid Afrika. 1995