Gaan na inhoud

Beslan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur ArthurBot (besprekings | bydraes) op 08:19, 17 Augustus 2010 (robot Bygevoeg: war:Beslan)

Beslan is ’n dorp in Noord-Ossetië in Rusland. Dit het internasionaal bekend geword weens die Beslanskool-gyselaardrama waartydens ’n groep gewapende militante van Ingoesjetië en Tsjetsjnië sowat 1 100 mense, onder wie 777 kinders, op 1 September 2004 by Skool Nommer Een op die dorp aangehou het. Meer as 300 mense is eindelik dood.